2022 Top Ten of Conflict for Culture
- Olimpiese Spele
- Die Olimpiese Spele bestaan uit twee internasionale sportkompetisies wat elk elke vier jaar gehou word, naamlik: die Somerspele en die Winterspele. Tot en met 1992 was beide die spele in dieselfde jaar gehou, maar sedertdien word hulle met twee jaar intervalle aangebied
- Minecraft
- Minecraft is 'n gewilde Sweedse sandput-oorlewingsvideospeletjie. Dit is in 2009 deur Mojang Studios geskep. Die spel is tans beskikbaar en opgedateer op Windows, Mac, Linux, iOS, Android, Xbox 360, Xbox One, Xbox Series X, PlayStation3, PlayStation4, PlayStation5, PlayStation Vita, Wii U, New Nintendo 3DS, Nintendo Switch en op sekere virtuele werklikheid headset-handelsmerke
- Proteas
- Die Proteas is die nasionale krieketspan wat Suid-Afrika in toets- en kitskrieket verteenwoordig. Dit word beheer en geadministreer deur Krieket Suid-Afrika (KSA) en is ’n volle lid van die Internasionale Krieketraad (IKR) met toets-, EDI- en T20I-status. Die Proteas is na die koningsprotea, die nasionale blom van Suid-Afrika, genoem. Krieket is een van Suid-Afrika se nasionale sportsoorte en die Proteas behoort tot dié land se vernaamste nasionale spanne. Die Proteas is tans vierde op die IKR
- Vir die voëls
- Vir die voëls is ’n Afrikaanse rolprent wat op 25 November 2016 vrygestel is. Die fliek is gebaseer op 'n kortverhaal deur Irma Humpel, getiteld "Slim vang sy baas". Die storie gaan oor die ware liefdesverhaal van Irma en Sampie de Klerk van Newcastle. Irma het dit ingeskryf vir ’n leserswedstryd op soek na ’n draaiboek om Huisgenoot se 100ste bestaansjaar te vier. Huisgenoot het die film in samewerking met kykNET Films en The Film Factory vervaardig
- Engelse Wikipedia
- Die Engelse weergawe van Wikipedia was die eerste uitgawe van hierdie aanlynensiklopedie en is op 15 Januarie 2001 begin. Na omtrent vyf jaar is die miljoenste artikel in Maart 2006 geskep. Hiermee laat hulle die ander Wikipedias, soos die Duitse, Franse en die Nederlandse Wikipedias, ver agter. Slegs een-en-'n-halfjaar later, op 9 September 2007 bereik die Engelstalige Wikipedia reeds hulle tweemiljoenste artikel, op 17 Augustus 2009 hulle driemiljoenste artikel, op 13 Julie 2012 hulle viermiljoenste
- 20ste eeu
- Die 20ste eeu het in die jaar 1901 in aanvang geneem en teen die einde van die jaar 2000 ten einde gekom
- Fotografie
- Fotografie is die tegniek om permanente beelde te skep deur lig op fotosensitiewe materiaal vas te vang. Die ligpatrone word vasgevang deur die fotosensitiewe materiaal vir 'n kort oomblik aan die lig bloot te stel. Die proses word uitgevoer deur óf meganiese/chemiese óf digitale toerusting, wat algemeen bekend staan as die kamera
- Tydsone
- Tydsones is streke van die Aarde wat 'n eenvormige standaardtyd het. Voorheen is die plaaslike sontyd gebruik, wat beteken het dat tyd effens verskil het van dorp tot dorp. Tydsones volg gewoonlik meridiane, maar plek-plek word dit geskuif sodat 'n hele land in een tydsone kan pas. Soos die bygaande kaart aandui, word die grense van die tydsones dikwels verstel ter wille van staats-, lands- of administratiewe grense. Daar is veronderstel om 24 tydsones en 15 lengtegrade te wees wat elke uur van mekaar af
- Ensiklopedie
- 'n Ensiklopedie is 'n geskrewe versameling van menslike kennis.
Die term kom van die Griekse woorde εγκύκλιος παιδεία, enkyklios paideia
- Leeu
- Die leeu is 'n soogdier van die familie Felidae en een van die vier "groot katte" in die genus Panthera. Dit is die naasgrootste katspesie ná die tier. Mannetjies kan maklik herken word aan hulle maanhare en weeg tussen 150 en 250 kg, terwyl wyfies tussen 120 en 150 kg weeg. Leeus kom in hul natuurlike omgewing tans in Afrika suid van die Sahara en in Asië voor. In Asië word ’n kritieke bedreigde oorblywende bevolking in die Gir-woud Nasionale Park gehou, waar hulle reeds vroeër in Noord-Afrika en