2022 Top Ten of Conflict

Adolf Hitler
Adolf Hitler was 'n politikus wat tussen 1934 en 1945 leier van die gewilde Nasionaal-Sosialistiese Duitse Werkersparty was
Olimpiese Spele
Die Olimpiese Spele bestaan uit twee internasionale sportkompetisies wat elk elke vier jaar gehou word, naamlik: die Somerspele en die Winterspele. Tot en met 1992 was beide die spele in dieselfde jaar gehou, maar sedertdien word hulle met twee jaar intervalle aangebied
Russe
Die Russe is 'n Oos-Slawiese volk van sowat 137 miljoen mense. Hulle is die grootste volk in Europa. Die meeste Russe is Russies-Ortodokse Christene of ongebonde
Israel
Israel, ook Israël, amptelik die Staat Israel, is 'n demokratiese grondwetlike republiek in die Midde-Ooste en antieke tuisland van die Jode. Dit oorvleuel gedeeltelik met Palestina, tuisland van die Palestyne. Israel word begrens deur Sirië en Libanon in die noorde, Jordanië in die ooste, Egipte in die suidweste en die Middellandse See in die weste. Die amptelike hoofstad is Jerusalem, die setel van die presidentswoning, regeringskantore, hooggeregshof en die parlement (Knesset). Die sentrum van
Mayotte
Mayotte is 'n eiland en oorsese département van Frankryk aan die noordelike punt van die Mosambiekkanaal in die Indiese Oseaan, tussen noordelike Madagaskar en noordelike Mosambiek, met 'n oppervlak van 374 vierkante kilometer en 'n bevolking van 212 645. Die gebied is geografies deel van die Comore-eilande, maar nie polities nie. Dit staan ook as Mahoré bekend, veral onder voorstaanders vir die insluiting daarvan in die Unie van Comore
Doebai Internasionale Lughawe
Doebai Internasionale Lughawe is die primêre internasionale lughawe wat Doebai in die Verenigde Arabiese Emirate bedien, en die wêreld se besigste lughawe volgens internasionale passasiersverkeer, een van die besigste vraglughawens ter wêreld, die besigste lughawe vir Airbus A380- en Boeing 777-bewegings, en die lughawe met die hoogste gemiddelde aantal passasiers per vlug. In 2018 het DXB 89 miljoen passasiers en 2,65 miljoen ton vrag hanteer en 409 493 vliegtuigbewegings geregistreer
Rusland
Rusland, amptelik die Russiese Federasie, is 'n land wat gedeeltelik in Europa en gedeeltelik in Asië lê. Die land lê egter vanuit 'n politieke oogpunt in Europa omdat die belangrikste deel, ook die hoofstad, Moskou, Europees is en sowat 70 persent van die bevolking daar woon
Aardverwarming
Aardverwarming, ook genoem globale verwarming, klimaatverwarming, klimaatontwrigting of klimaatkrisis, verwys na die toename in globale temperatuur sedert die pre-industriële tydperk. Die gemiddelde lugtemperatuur van die Aarde se atmosfeer op grondvlak was van 2011 tot 2020 sowat 1,09 °C hoër as in die tydperk van 1850 tot 1900. Hierdie verwarming gaan gepaard met globale klimaatsveranderinge, soos veranderinge in reënvalpatrone en verwoestyning
Wladimir Poetin
Wladimir Wladimirowitsj Poetin is ’n Russiese politikus. Hy was van 2000 tot 2008 die tweede president van Rusland en daarna vier jaar lank eerste minister onder Dmitri Medwedef. Met die presidentsverkiesing van 4 Maart 2012 is hy weer verkies tot president vir 'n verlengde termyn van ses jaar. Hy is op 7 Mei as president beëdig
Minecraft
Minecraft is 'n gewilde Sweedse sandput-oorlewingsvideospeletjie. Dit is in 2009 deur Mojang Studios geskep. Die spel is tans beskikbaar en opgedateer op Windows, Mac, Linux, iOS, Android, Xbox 360, Xbox One, Xbox Series X, PlayStation3, PlayStation4, PlayStation5, PlayStation Vita, Wii U, New Nintendo 3DS, Nintendo Switch en op sekere virtuele werklikheid headset-handelsmerke