2021 Top Ten of Polemic for Technology
- Microsoft Bing
- Microsoft Bing is die websoekenjin wat deur die Amerikaanse maatskappy Microsoft besit en bedryf word. Die diens het sy oorsprong in Microsoft se vorige soekenjins: Live Search, Windows Live Search en later Live Search. Bing bied 'n verskeidenheid soekdienste, insluitend web-, video-, beeld- en kaartsoekprodukte. Dit is ontwikkel met behulp van ASP.NET
- IP-adres
- 'n IP-adres is 'n unieke nommer, soortgelyk aan 'n telefoonnommer, wat deur masjiene gebruik word om na ander masjiene te verwys wanneer inligting oor die Internet versend moet word; die Internetprotokol bestuur hierdie kommunikasie
- Bronadres
- ’n Bronadres is ’n etiket wat na ’n inligtingsbron, soos byvoorbeeld ’n webbladsy of ’n ander lêer, verwys
- GNU-lisensie vir vrye dokumentasie
- Die GNU Vrye Dokumentlisensie is 'n kopielinkse lisensie vir vrye dokumentasie wat deur die Stigting vir Vrye Sagteware ontwerp is. Die lisensie is soortgelyk aan die GNU Algemene Publieke Lisensie en gee lesers die reg om die werk te kopieer, aan te pas en te versprei, maar vereis wel dat alle kopieë en afgeleide werke onder dieselfde lisensie beskikbaar gestel word. Kopieë mag ook verkoop word, maar indien die werk in groot hoeveelhede versprei word, moet die oorspronklike werk of bronkode ook
- QWERTY-sleutelbord
- QWERTY is die Amerikaanse sleutelborduitleg wat vir rekenaarsleutelborde en tikmasjiene gebruik word. Die naam dui op die eerste ses letters op die boonste ry van die sleutelbord
- Koekie (rekenaarwetenskap)
- In rekenaarkunde is 'n koekie 'n simbool of 'n klein datapakkie wat tussen kommunikerende programme gestuur word. Die inhoud is onduidelik of betekenisloos vir die ontvanger, maar word geïnterpreteer as dit teruggestuur word aan die aanvanklike sender op 'n latere stadium. Die koekie kan gebruik word as 'n kaartjie; om 'n spesifieke gebeurtenis of transaksie te identifiseer
- Sagteware
- Sagteware is 'n generiese begrip vir 'n georganiseerde groep(e) kode wat instruksies verteenwoordig wat uitgevoer word deur 'n rekenaar. Sagteware word gewoonlik eers geskryf as bronkode, en dan verwerk na binêre formaat wat spesifiek is aan die verwerker of omgewing waarin die kode uitgevoer word
- CSS
- CSS is 'n maklike manier om die voorkoms van HTML- en XHTML-webblaaie te verander. CSS is deur die W3C ontwerp, en word deur die meeste moderne webblaaiers ondersteun. Die huidige weergawe van CSS is CSS2. Daar word tans aan CSS weergawe 3 gewerk. Dit sal nuwe eienskappe soos border-radius insluit
- YouTube-speelknoppie
- YouTube Creator Rewards, meer algemeen bekend as YouTube Play Buttons (speelknoppies), is 'n erkenning deur YouTube vir die mees populêre kanale op die platform. Dit is apart van die YouTube-toekennings wat bedoel is om die beste gehalte-video's te erken; die YouTube Skepperbelonings is uitsluitlik gebaseer op 'n kanaal se intekenaartal
- Windows Internet Explorer
- Windows Internet Explorer is 'n webblaaier wat deur Microsoft ontwikkel word waarmee mens webbladsye op die Internet kan lees. Internet Explorer is een van die standaard komponente van die Windows-bedryfstelsel. Die blaaier is sedert 1999 die mees gebruikte webblaaier ter wêreld. Voorheen was die amptelike naam Microsoft Internet Explorer, dikwels afgekort tot IE of MSIE. Met weergawe 7 van Internet Explorer is die naam Microsoft Internet Explorer gewysig na Windows Internet Explorer