2021 Top Ten of Polemic for Society
- Landbou
- Landbou is 'n ekonomiese aktiwiteit waartydens voedsel, voer, vesels en ander goedere geproduseer word deur die sistematiese aanplanting van plante en die aanteling en bestuur van vee
- Wikimedia-stigting
- Die Wikimedia-stigting is die oorkoepelende organisasie van Wikibooks, Wikidata, Wikinews, Wikipedia, Wikiquote, Wikisource, Wikispecies, Wikiversity en WikiWoordeboek. Dit is 'n nie-winsgewende organisasie, geregistreer volgens die wette van die Amerikaanse deelstaat Florida. Sy huidige hoofkwartier is in die Noord-Kaliforniese metropool San Francisco geleë
- Sosialemediabemarking
- Sosialemediabemarking is die gebruik van sosialemediaplatforms en webwerwe om 'n produk of diens te bevorder. Alhoewel die terme e-bemarking en digitale bemarking steeds in die akademie heers, word bemarking op sosiale media al hoe gewilder vir sowel praktisyns as navorsers. Die meeste sosialemediaplatforms het ingeboude data-analise-instrumente, wat ondernemings in staat stel om die vordering, sukses en betrokkenheid van advertensieveldtogte op te spoor. Maatskappye spreek 'n verskeidenheid
- Homoniem
- Homonieme is woorde wat dieselfde spelling het en ook dieselfde klink, maar waarvan die betekenisse verskil. Die verskil in betekenis kan net afgelei word as daar na die konteks waarin dit gebruik word, gekyk word
- Lettergreep
- 'n Lettergreep is 'n eenheid van organisasie van spraakklanke. Dit bestaan gewoonlik uit 'n lettergreepkern met opsionele aanvangs- en eindklanke. Lettergrepe word gewoonlik gesien as die fonologiese boublokke van woorde
- Paaiementberekening
- Die volgende formules word vir paaiementberekening gebruik in die finansiële wêreld
- Trappe van vergelyking
- Trappe van vergelyking is vorme van byvoeglike naamwoorde of bywoorde. 'n Byvoeglike naamwoord in Afrikaans kan drie vorme aanneem om die sterkte van die naamwoord aan te dui. As voorbeeld kan 'n voorwerp as groot, nog groter of as die heel grootste beskryf word. Soortgelyk kan 'n partytjie as lekker, nog lekkerder of as die heel lekkerste beskryf word
- Maatskappy
- 'n Maatskappy of kompanjie is, anders as 'n eenmansaak en vennootskap, 'n regspersoon onafhanklik van sy eienaars, wat sy aandeelhouers genoem word. Hy kan dus op sy eie onafhanklik van sy aandeelhouers optree, deur byvoorbeeld kontrakte te sluit en verpligtinge aan te gaan. Op hierdie wyse verkry maatskappye 'n handelingsbevoegdheid wat nie aan 'n persoon of persone gekoppel is nie. Maatskappye het ook nie 'n bepaalde leeftyd nie, maar kan onbeperk voortbestaan. Daar bestaan twee hooftipes maatskappye
- Paroniem
- Paronieme is woorde wat dieselfde stam het, maar in vorm en betekenis verskil
- Bywoord
- 'n Bywoord of adverbium is 'n beskrywende woord wat 'n werkwoord, hele sin, byvoeglike naamwoord, telwoord of ander bywoord nader bepaal. Dit verskaf meer inligting oor plek, tyd, wyse of graad. Voorbeelde van bywoorde is: hier, nou, opsetlik, en daarom