2021 Top Ten of Polemic for Philosophy

Verligting
Die Verligting, oftewel Die eeu van die Rede, was ’n kulturele beweging van intellektuele wat in die laat 17de eeu in Europa begin het. Dit het klem gelê op rede en individualisme eerder as tradisie. Die doel daarvan was om die gemeenskap te hervorm deur die gebruik van rede, om idees uit te daag wat hul grondslag in tradisie en geloof het en om kennis deur middel van wetenskaplike metodes te bevorder
Maoïsme
Mao Zedong-denke, of Maoïsme, is ’n politieke teorie wat afgelei is van die leringe van die voorsitter van die Kommunistiese Party van China (KPC), Mao Zedong (1893-1976), wie se volgelinge bekend is as Maoïste. Dit is van die 1950's af ontwikkel tot met die hervormings van Deng Xiaoping in die 1970's en is algemeen toegepas as leidende politieke en militêre ideologie van die KPC. Dit het ook as riglyn gedien vir rewolusionêre beweging oor die wêreld heen
Monargie
Monargie is 'n regeringstelsel of staatsvorm waar die staatshoof gebruiklik lewenslang 'n posisie beklee. Die posisie is gewoonlik oorerflik, dit wil sê dat opvolgers aan dieselfde familie behoort. Voorbeelde van lande wat 'n monargiese stelsel het is die Verenigde Koninkryk, België, Nederland, Japan, Lesotho, eSwatini, Australië, Kanada, Nieu-Seeland en vele andere
Holisme
Holisme is die idee dat al die eienskappe van 'n gegewe stelsel nie in terme van die onderliggende komponente alleen verduidelik kan word nie. Die stelsel as 'n geheel bepaal eerder op 'n belangrike wyse hoe die dele hulle gedra. Die algemene begrip van holisme is deur Aristoteles in die Metafisika opgesom: "Die geheel is meer as die som van sy onderdele" (1045a10
Yijing
Die Yijing, of Boek van veranderinge, is van Chinese oorsprong en het 'n drastiese invloed op die Chinese kulturele geskiedenis gehad. Die meer korrekte vertaling van "verandering" is "probleme", oftewel "ontwrigtende verandering". Die boek help iemand om in balans met die natuur te kom deur 'n verandering te bestuur. In teenstelling met hedendaagse boeke is die Yijing nie 'n boek wat van voor tot agter gelees kan word nie. Dit word beskou as verteenwoordigend van 'n wysgeer waarmee daar in gesprek getree
Libertynisme
Libertynisme is 'n politiese filosofie wat individuele regte en 'n beperkte regering voorstaan. Libertyne glo dat individue vry moet wees om enigiets te doen soos hulle goed dink, solank as dit wat hulle doen nie inbreuk maak op die gelyke regte van ander nie. In hierdie verband stem hulle saam met baie ander moderne politieke ideologieë. Die verskil kom voor in die definisie van "regte". Vir libertyne bestaan daar geen "positiewe regte" nie, slegs "negatiewe regte". Libertyne glo verder dat die enigste
Republiek
'n Republiek, in die mees basiese sin, is 'n staat waarin soewereiniteit uiteindelik vanaf die mense afkomstig is, eerder as vanuit 'n oorerflike of ander beginsel
Vryedenke
Vryedenke is 'n eienskap van indiwidue wat hul opinies vorm op die basis van hoe hulle 'n onderwerp verstaan en nie op die voorskrifte van tradisie, gesag of gevestigde menings of geloof nie. Die definisie is veral van toepassing op die verwerping van godsdienstige dogma
Filosofie
Filosofie of wysbegeerte is 'n vakgebied wat die kennis van, en insig in 'n verskeidenheid fundamentele sake najaag, soos byvoorbeeld realiteit, kennis, betekenis, waarde, bestaan en waarheid. In omgangstaal word die term filosofie baie keer gebruik om te dui op 'n ingesteldheid, uitgangspunt of lewensbeskouing. Hierdie artikel handel eerder oor filosofie as 'n akademiese vakgebied
Demokrasie
Demokrasie is 'n regeringsvorm gekenmerk deur gereelde en vrye verkiesings waaraan meer as een party kan deelneem, verskanste burgerregte en vrye media. Die woord het sy oorsprong uit die Griekse δημοκρατíα, wat bestaan uit δημος, κρατειν en die agtervoegsel íα. Dit beteken dus "regering deur die mense