2021 Top Ten of Polemic for Nature

Periodieke tabel
Die periodieke tabel is 'n voorstelling van die bekende chemiese elemente, gerangskik volgens hul atoomgetal, elektronkonfigurasie en chemiese eienskappe. Elemente word gerangskik volgens toenemende atoomgetal. Die standaardvorm van die tabel bestaan uit ’n rooster van 18 x 7 blokkies, wat die hoofdeel vorm, plus ’n kleiner deel van twee rye onderaan
Kraaltolbos
Die Kraaltolbos is 'n blomdraende struik wat tot die genus Leucadendron behoort en deel van die fynbos-bioom vorm. Die plant is endemies aan die Wes-Kaap waar dit voorkom vanaf die Donkerhoekberg naby Villiersdorp, Groenlandberg en Kleinmondberge vanaf Houhoek tot by die Elimvlakte
Vlaktetolbos
Die Vlaktetolbos is 'n blomdraende struik wat tot die genus Leucadendron behoort en deel van die fynbos-bioom vorm. Die plant is endemies aan die Wes-Kaap, waar dit voorkom in die Kaapse Vlakte, vanaf Rondebosch tot by Kuilsrivier en ook in die Kaapse Skiereiland rondom die meeste vleie. Die struik word 2 m hoog en dra blomme van September tot Oktober
Windkragaanleg
'n Windenergieaanleg of windkragsentrale is 'n toestel wat kinetiese windenergie in meganiese energie omsit. Indien die meganiese energie gebruik word om krag op te wek, word die toestel "windopwekker" of "windturbine" genoem. Indien die meganiese energie gebruik word om fisieke werk te verrig – dit wil sê om masjinerie aan te dryf, soos byvoorbeeld om graan te maal of water te pomp, word die toestel 'n windmeul of windpomp genoem. In die omgangstaal word die twee terme en betekenisse dikwels met mekaar
Agulhastolbos
Die Agulhastolbos is 'n blomdraende struik wat tot die genus Leucadendron behoort en deel van die fynbos-bioom vorm. Die plant is endemies aan die Wes-Kaap waar dit vanaf Elim tot by die Agulhasvlakte voorkom
Visgattolbos
Die visgattolbos is 'n blomdraende struik wat tot die genus Leucadendron behoort en deel van die fynbos-bioom vorm. Die plant is endemies aan die Wes-Kaap waar dit voorkom op die Groot Winterhoekberge se voorheuwels by Visgat, Onderboskloof en Rosendal asook by Heuningvlei in die noordelike Sederberg
Suurreën
Suurreën is reën of enige ander vorm van presipitasie wat ongewoon suuragtig is, dus verhoogde vlakke van waterstofione. Reën, sneeu, mis, hael or selfs stof wat neerslaan kan suur wees
Pakhuistolbos
Die Pakhuistolbos is 'n blomdraende struik wat tot die genus Leucadendron behoort en deel van die fynbos-bioom vorm. Die plant is endemies aan die Wes-Kaap waar dit voorkom by die Pakhuispas in die Sederberg
Aardverwarming
Aardverwarming, ook genoem globale verwarming, klimaatverwarming, klimaatontwrigting of klimaatkrisis, verwys na die toename in globale temperatuur sedert die pre-industriële tydperk. Die gemiddelde lugtemperatuur van die Aarde se atmosfeer op grondvlak was van 2011 tot 2020 sowat 1,09 °C hoër as in die tydperk van 1850 tot 1900. Hierdie verwarming gaan gepaard met globale klimaatsveranderinge, soos veranderinge in reënvalpatrone en verwoestyning
Lugbesoedeling
Lugbesoedeling is enige vorm van besmetting met betreking tot die atmosfeer met gasse, vloeistowwe of soliede afval of byprodukte wat menslike gesondheid en die welvaart van plante en diere in gevaar stel, of wat nuttige stowwe en materiale afbreek, sigbaarheid verminder, of ongewenste reuke produseer. Onder die lugbesoedelaars wat deur natuurlike prosesse vrygestel word, word slegs die radioaktiewe gas radon as 'n noemenswaardige gesondheidsgevaar geag. Radon is die byproduk van die radioaktiewe verval