2021 Top Ten of Polemic for Mathematics
- Knoop (snelheid)
- 'n Knoop is 'n maateenheid vir snelheid wat veral in seevaart en gemotoriseerde lugvaart gebruik word. Een knoop is een seemyl per uur. Een seemyl word as 1852 meter gedefinieer. Een knoop is dus 'n snelheid van 1.852 km/h of 0,514 44... m/s
- Eienskappe van binêre bewerkings
- Die artikel bespreek die eienskappe van binêre bewerkings
- Punt (meetkunde)
- In Meetkunde is 'n punt 'n 0-dimensionele wiskundige voorwerp wat in 'n n-dimensionele ruimte deur n koördinate gespesifiseer kan word. Dit definieer dus 'n presiese ligging in ruimte en het geen volume, oppervlak of lengte nie. Punte word as 'n basiese element in die taal van meetkunde, fisika, vektorgrafika en talle ander velde gebruik. Die basiese meetkundige strukture in hoër dimensies – die lyn, vlak, ruimte en hiperruimte – word deur oneindige aantal punte wat op spesifieke maniere gerangskik
- Indiana pi-wetsontwerp
- Die Indiana pi-wetsontwerp is 'n naam wat aan wetsontwerp 246 van die 1897-sitting van Indiana se Algemene Vergadering gegee is. Die pi-wetsontwerp het berug geword vanweë die poging om 'n wiskundige waarheid deur middel van 'n wet te probeer vaslê. Die wetsontwerp is nooit goedgekeur nie, danksy professor C. A. Waldo van die Purdue Universiteit wat toevallig op die stemdag in die raadsaal teenwoordig was
- Arbeid
- In fisika is arbeid soos die naam aandui die kwantifisering van die werk wat gedoen word, of die inspanning wat deur 'n kragbron gelewer word om 'n voorwerp te verplaas. As die kragbron 'n konstante krag F lewer om 'n voorwerp oor 'n afstand s te verplaas in die rigting van die krag, dan is die arbeid W die produk van die krag en die afgelegde afstand: W = F·s
- Getal
- 'n Getal is 'n aantal of hoeveelheid wat in 'n syfer, of 'n reeks daarvan, uitgedruk word. Getalle kan ook in woorde uitgedruk word, soos een, twee, drie,.... Getalle word gebruik om mee te tel en om somme mee uit te werk
- Kriptografie
- Kriptografie is tradisioneel, die studie van tegnieke om inligting vanaf die normale leesbare formaat na 'n formaat om te skakel wat vir ongewenste partye wat mag toegang verkry tot die kommunikasiekanaal, onverstaanbaar te maak. Verder word gepoog om dit so moeilik as moontlik te maak om te ontsyfer sonder die geheime kennis (sleutel) wat as invoer tot die ontsyferingsalgoritme dien. In die verlede is kriptografie ingespan om geheimhouding tydens strategies belangrike kommunikasie te verseker
- Omgekeerde
- Die omgekeerde of resiprook van 'n getal is 1 gedeel deur die getal. Dus, die resiprook van 5 is 1/5 = 0.20. Die omgekeerde van 'n breuk word verkry deur die teller en die noemer om te ruil. Die omgekeerde van 2/3 is byvoorbeeld 3/2.die omgekeerde van 8 is 1/8 omdat 1 gedeel deur 8 = 1/8.
die omgekeerde van 125 is 1/125 omdat 1 gedeel deur 125 = 1/125.
die omgekeerde van 2498 is 1/2498 omdat 1 gedeel deur 2498 = 1/2498.
die omgekeerde van 98 is 1/98 omdat 1 gedeel deur 98 = 1/98.
die omgekeerde van 77 is 1
- Omtrek, oppervlakte en volume
- Pi
- Die wiskundige konstante π (geskryf as "pi" wanneer die Griekse letter nie beskikbaar is nie, uitgespreek "pie") word algemeen in wiskunde en fisika gebruik. In Euclidiese meetkunde word π gedefinieer as óf die verhouding van 'n sirkel se omtrek tot sy deursnit, óf as die oppervlakte van 'n sirkel van radius 1 (die eenheidsirkel). Die meeste moderne handboeke definieer π analities deur trigonometriese funksies te gebruik, soos bv. as die kleinste positiewe x waarvoor sin(x) = 0, of twee maal die