2021 Top Ten of Polemic for Health
- Voorskrifmedisyne
- Voorskrifmedisyne is geneesmiddels wat wetlik vereis dat 'n mediese voorskrif benodig is voordat dit uitgedeel kan word. In teenstelling, kan selfsorgmedisyne verkry word sonder 'n voorskrif. Die rede vir hierdie verskil in middelbeheer is die moontlike omvang van misbruik, van dwelmmisbruik tot geneeskunde beoefen sonder 'n lisensie en sonder voldoende opleiding. Verskillende jurisdiksies het verskillende definisies van wat 'n voorskrifgeneesmiddel is
- Pandemie
- 'n Pandemie is 'n aansteeklike of oordraagbare siekte wat vinnig oor 'n land of groter gebied versprei. Dit is in werklikheid 'n epidemie, maar net op 'n wêreldwye skaal
- Geelsug
- Geelsug is 'n aandoening waartydens die vel en slymvliese 'n gelerige kleur kry. Die oorsaak hiervan is 'n oormaat galpigment (bilirubien) in die bloed. Daar word algemeen tussen drie tipes geelsug onderskei:Hemolitiese geelsug word veroorsaak deur abnormale bloedafbreking as gevolg van onder andere vergiftiging, bloedsiektes of die toedoening van die verkeerde tipe bloed gedurende 'n bloedoortapping.Obstruktiewe geelsug ontstaan weens die afsluiting van die galbuise. Dit kan deur galstene of deur 'n ander
- Koorsblaar
- 'n Koorsblaar of herpes labialis is 'n simptoom van infeksie deur die herpesvirus, meestal Tipe 1 oftewel HSV-1
- Gemoedsteuring
- Gemoedsteurings is ’n groep geestesteurings wat veroorsaak word deur ’n versteuring van die persoon se gemoedstoestand
- Geelkoors
- Geelkoors is 'n ongeneeslike virusinfeksie wat aanleiding gee tot hoë koors, geelsug en, in ernstige gevalle, bloeding uit die slymvliese en "swart braking". Toe die virus vir die eerste keer vanaf slaweskepe deur hawens in Europa en Amerika begin versprei het, het dit verwoestende epidemies met 'n hoë sterftesyfer veroorsaak
- Suid-Afrikaanse Koronavirus-variant
- Die Suid-Afrikaanse Koronavirus-variant, ook bekend as 501Y.V2-variant, 20H/501Y.V2, en die B.1.351-afstamming is 'n variant van EARS-KoV-2, die virus wat Koronavirussiekte-2019 veroorsaak. Dit is een van verskeie EARS-KoV-2-variante wat van besondere belang is, en is die eerste keer in die Nelson Mandelabaai-metrogebied in die Oos-Kaapprovinsie opgespoor en op 18 Desember 2020 deur die Departement van Gesondheid gerapporteer
- Omgewingsgesondheid
- Omgewingsgesondheid is die afdeling van openbare gesondheid wat gemoeid is met alle aspekte van die natuur en die opgeboude omgewing wat die mens se gesondheid mag affekteer. Ander terminologie wat op dissipline van omgewingsgesondheid wys sluit in: openbare omgewingsgesondheid, omgewingsgesondheid en omgewingsbeskerming
- Dokter
- 'n Dokter of geneesheer is 'n persoon wat gekwalifiseer is om geneeskunde te beoefen. Dokters kan hul praktyk fokus op sekere siektetoestande, tipes pasiënte en metodes van behandeling, bekend as spesialiteite, of hulle kan verantwoordelikheid aanvaar vir die voorsiening van omvattende mediese sorg aan individue, gesinne en gemeenskappe, bekend as 'n algemene praktisyn
- Ernstige akute respiratoriese sindroom koronavirus 2
- Ernstige akute respiratoriese sindroom koronavirus 2 (EARS-KoV-2) is die stam van koronavirus wat die asemhalingswegsiekte covid-19 veroorsaak. Dit staan in die volksmond bekend as die koronavirus, maar voorgenoemde is eintlik die naam van 'n groep van virusse. Dit is voorheen met die voorlopige naam, 2019 novel coronavirus (2019-nCoV) (en) aangedui. Die virus is gekenmerk deur 'n vinnige opeenvolging van mutasies, veral wat die gene van die priemreseptore betref. Daar is gespekuleer dat die virulente