2021 Top Ten of Polemic
- Landbou
- Landbou is 'n ekonomiese aktiwiteit waartydens voedsel, voer, vesels en ander goedere geproduseer word deur die sistematiese aanplanting van plante en die aanteling en bestuur van vee
- Microsoft Bing
- Microsoft Bing is die websoekenjin wat deur die Amerikaanse maatskappy Microsoft besit en bedryf word. Die diens het sy oorsprong in Microsoft se vorige soekenjins: Live Search, Windows Live Search en later Live Search. Bing bied 'n verskeidenheid soekdienste, insluitend web-, video-, beeld- en kaartsoekprodukte. Dit is ontwikkel met behulp van ASP.NET
- Kommunikasie
- Kommunikasie is die produksie, uitwisseling en betekenisgewing van boodskappe tussen mense. Dit vind plaas binne 'n konteks van informasionele, relasionele en situasionele faktore wat ten doel het om mekaar te beïnvloed. Kommunikasie kan plaasvind met behulp van tekens en andere uitdrukkingsvorme. As daar met behulp van beelde gekommunikeer word, noem ons dit visualisasie; dink aan diagramme en kaarte
- Vredefortkoepel
- Die Vredefortkoepel is die grootste slagkrater op Aarde. Dit is in die Vrystaat, Suid-Afrika, geleë met die dorp Vredefort wat in die krater lê. In 2005 is die Vredefortkoepel by Unesco se lys van Wêrelderfenisgebiede gevoeg vir die estetiese en wetenskaplike waarde van die gebied
- Britse mandaat van Palestina
- Die Britse Mandaat van Palestina, soms na verwys as die Mandaat van Palestina, was 'n Volkebondmandaat wat na die Eerste Wêreldoorlog ontstaan het toe die Ottomaanse Ryk volgens die Verdrag van Sèvres verdeel is. Die Britse Mandaat van Palestina het bestaan uit die gebied van die hedendaagse Jordanië, Israel, die Wesoewer en die Gasastrook. Die grense van die Mandaat van Palestina het gestrek van die Middellandse See tot die weste van die Franse Mandaat van Libanon, Franse Mandaat van Sirië, en die
- Periodieke tabel
- Die periodieke tabel is 'n voorstelling van die bekende chemiese elemente, gerangskik volgens hul atoomgetal, elektronkonfigurasie en chemiese eienskappe. Elemente word gerangskik volgens toenemende atoomgetal. Die standaardvorm van die tabel bestaan uit ’n rooster van 18 x 7 blokkies, wat die hoofdeel vorm, plus ’n kleiner deel van twee rye onderaan
- Wikimedia-stigting
- Die Wikimedia-stigting is die oorkoepelende organisasie van Wikibooks, Wikidata, Wikinews, Wikipedia, Wikiquote, Wikisource, Wikispecies, Wikiversity en WikiWoordeboek. Dit is 'n nie-winsgewende organisasie, geregistreer volgens die wette van die Amerikaanse deelstaat Florida. Sy huidige hoofkwartier is in die Noord-Kaliforniese metropool San Francisco geleë
- A
- A, a is die eerste letter in die Latynse alfabet en ook die eerste klinker. In Afrikaans word die letter uitgespreek as "aa". Die letter is afgelei van die Griekse letter alfa (α), wat ook die Latynse klankwaarde /a/ en /a:/ gehad het. Die letter is ook verwant aan die piktogram van 'n os se kop in die Proto-Semitiese âlep (os) en die Egiptiese hiëroglief
- Tradisionele literatuur
- Hierdie artikel is 'n bespreking van verskillende soorte tradisionele literatuur. Daar word gefokus op tradisionele literatuur as kernletterkunde vir die multi-kulturele klaskamer sowel as mondelinge en orale letterkunde
- Swart Dood
- Die Swart Dood of die Swart Pes was 'n kataklismiese gebeurtenis waarin omtrent 'n derde tot twee derdes van Europa se bevolking tussen 1348 en 1350 gesterf het. Dit was een van die ergste pandemies in die mens se geskiedenis. Dit het in die suidweste van Asië begin en in die 1340's na Europa versprei. Die totale dodetal oor die wêreld was ongeveer 75 miljoen