2021 Top Ten of Conflict for Religion

Jesus van Nasaret
Jesus van Nasaret, ook algemeen bekend as Jesus, is die sentrale figuur in die Christendom en is ook 'n belangrike figuur in verskeie ander gelowe. Daar word ook na hom verwys as Jesus Christus, waar "Christus" afkomstig is vanaf die Griekse Χριστός (Christós) wat "Gesalfde een" beteken en verwant is aan die Hebreeus-afgeleide "Messias". Die naam "Jesus" is afkomstig van die vernederlandse vorm van die Griekse Ίησους (Iesoûs), wat self 'n Hellenisering van die Hebreeus-Aramese ישוע is
Krishna
Krishna of Krisjna is 'n Hindoeïstiese godheid wat dikwels aanbid word as die agtste avatar van Vishnu. Vir sy volgelinge is hy die inkarnasie van die opperwese
Abdy
'n Abdy is 'n outonome klooster, waarvan die owerste die ab is. Die owerste van 'n aartsabdy word aartsab genoem, wat nog 'n 'rangtrappie' hoër in die hiërargie staan
Oosters-Ortodokse Kerk
Die Ortodokse Kerk, amptelik die Ortodoks-Katolieke Kerk en algemeen bekend as die Oosters-Ortodokse Kerk, is die tweede grootste Christelike denominasie in die wêreld, met ’n geskatte 300 miljoen aanhangers hoofsaaklik in Belarus, Bulgarye, Siprus, Georgië, Griekeland, Masedonië, Moldowa, Montenegro, Roemenië, Rusland, Serwië en die Oekraïne, lande waarin die meeste Christene Oosters-Ortodoks is. Die Kerk beskou homself as die "Een, Heilige, Katolieke en Apostoliese Kerk" wat 2 000 jaar gelede
God
Die woord god verwys gewoonlik na 'n uiterste persoonlike en/of bonatuurlike wese. Die "opperwese-konsep" kan as inherent of abstrak voorgehou word. Wanneer die woord met 'n kleinletter gespel word, is dit 'n selfstandige naamwoord wat gewoonlik na die god van 'n arbitrêre godsdiens verwys, terwyl wanneer dit binne 'n gegewe godsdiens gebruik word om na daardie godsdiens se eie opperwese(s) te verwys, dit gewoonlik met 'n hoofletter geskryf word. In die Bybel sal daar byvoorbeeld na die Christelike god as
Siel
Die siel is die nie-materiële spirituele komponent van 'n mens of dier. Hoewel dit nie wetenskaplik bewys kan word nie glo baie mense dat die siel onsterflik is en na die dood bly voortbestaan. Daarteenoor glo ateïste dat daar nie iets soos 'n siel is nie en dat lewende wesens slegs 'n liggaam is
Lys van NG gemeentes
'n Volledige lys van al die gemeentes van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die nege Sinodes in Suid-Afrika sowel as in Namibië
Hindoeïsme (eerste artikel)
Hindoeïsme is die dominante religie in Indië, Nepal en van ongeveer 'n halfmiljoen mense van Indiese oorsprong in Suid-Afrika
Joodse kalender
Die Joodse kalender, ook Joodse jaartelling of Hebreeuse kalender genoem, is 'n maansonkalender, oftewel lunisolêre kalender, wat deur Jode gebruik word en begin met die jaar waarin glo – volgens die Bybelse berekening – die skepping van die wêreld plaasgevind het. Volgens die Tanag het die skepping van die wêreld deur God in die jaar 3761 v.C. in die maand Tisjrie (herfs) plaasgevind. Gevolglik begin die nuwe jaar op Roosj Hasjana, 'n belangrike tweedaagse periode van gebed en inkeer, wat in
Hervormde Ou Apostoliese Kerk
Die Hervormde Ou Apostoliese Kerk is 'n millinialistiese Kerk wat in 1972 weggebreek het vanaf die Ou Apostoliese Kerk af onder leiding van 'n voormalige OAK Apostel Robert Lombard