2021 Top Ten of Conflict for People

Martinus Postma
Ds. Martinus Postma was predikant, onder meer die eerste Gereformeerde predikant aan die Witwatersrand, en professor in die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
Dirk Postma
Ds. Dirk Postma was die eerste predikant in die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika en stigter en eerste hoogleraar van die Kerk se teologiese skool op Burgersdorp in die Noordoos-Kaap, die voorloper van die Teologiese Skool en universiteit in Potchefstroom
Lionel Messi
Lionel Andrés "Leo" Messi Cuccittini is 'n Argentynse sokkerspeler wat vir die Franse sokkerklub Paris Saint-Germain speel. Die voorspeler het van 2004 tot 2021 vir FC Barcelona se eerste span gespeel. Messi besit naas Argentynse ook Spaanse burgerskap. Sy bynaam is La Pulga wat hy te danke het aan sy kort lengte en spoed. Tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022 wen hy die trofee vir sy land en word as die speler van die toernooi aangewys
Joshua na die Reën
Joshua na die Reën is die verhoognaam van die Afrikaanse liedjeskrywer en musikant Jacques de Villiers van Pretoria, Gauteng. Joshua na die Reën tree saam met ander musikante en soms ook solo op. Van die musikante wat hom bystaan is Lizandra Winter (sang), Jean de Villiers (tromme), Ryhno von Hagen, Gerhard Biennedel (baskitaar), Heini Berner en Raziela Kosterman (viool). Wanneer die geleentheid hom voordoen, kan hy ook saam met 'n strykensemble optree
Guy Verhofstadt
Guy Maurice Marie Louise Verhofstadt is 'n Belgiese liberale politikus. Van 12 Julie 1999 tot 20 Maart 2008 was hy die Eerste Minister van België. Hy is lid van die politieke party Open Vld. Sedert 2006 is hy ook lid van die raad van Gent, en sedert 2009 'n lid van die Europese Parlement
Danie du Toit
Daniël Stephanus Rudolph du Toit, alias Reënwolf, gebore 5 Oktober 1992, is 'n Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer en deel van die groep Spoegwolf. Hy is ook mede-eienaar van die restaurant Drum in Stellenbosch, waaruit die produk Drum Loud Coffee en ander projekte ook spruit. Du Toit is mede-kurator en mede-stigter van die aanlynplatform, Die River, waar Suid-Afrikaanse kunstenaars inspirasie kan put en samewerking bewerkstellig. Hy is die regisseur en vervaardiger van die aanlynprogram Middernag
Marcus Ericsson
Marcus Ericsson is 'n Sweedse renjaer wat van 2015 tot 2018 vir Sauber aan Formule Een deelgeneem het. Na 'n suksesvolle motorrendebuut in 2007 waartydens hy die Britse Formule BMW-titel met Fortec Motorsport gewen het, is hy bevorder tot hul Britse Formule 3-span
Stella Ndabeni-Abrahams
Stella Ndabeni is die dienende minister van Kleinsakeontwikkeling, voorheen minister van Kommunikasie, Telekommunikasie en Poswese en 'n lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika vir die African National Congress
John Evan Baldwin
John Evan Baldwin FRS het vanaf 1954 by die Cavendish Astrofisika Groep gewerk. Hy het 'n sleutelrol gespeel in die ontwikkeling van interferometrie in radio-astronomie, en later astronomiese optiese interferometrie en gelukkige beeldvorming. Hy het die eerste kaarte van die radio-uitsending van die Andromeda-sterrestelsel en die Perseus-groep gemaak, en die eienskappe van baie aktiewe sterrestelsels gemeet. In 1985 het hy die eerste Aperture Masking Interferometry waarnemings uitgevoer, en toe die
Fidel Castro
Fidel Alejandro Castro Ruz (audio) was van 1959 tot 2008 die kommunistiese leier van Kuba. Hy was bekend vir sy militêre drag en lang baard