2021 Top Ten of Conflict for Nature

Periodieke tabel
Die periodieke tabel is 'n voorstelling van die bekende chemiese elemente, gerangskik volgens hul atoomgetal, elektronkonfigurasie en chemiese eienskappe. Elemente word gerangskik volgens toenemende atoomgetal. Die standaardvorm van die tabel bestaan uit ’n rooster van 18 x 7 blokkies, wat die hoofdeel vorm, plus ’n kleiner deel van twee rye onderaan
Aardverwarming
Aardverwarming, ook genoem globale verwarming, klimaatverwarming, klimaatontwrigting of klimaatkrisis, verwys na die toename in globale temperatuur sedert die pre-industriële tydperk. Die gemiddelde lugtemperatuur van die Aarde se atmosfeer op grondvlak was van 2011 tot 2020 sowat 1,09 °C hoër as in die tydperk van 1850 tot 1900. Hierdie verwarming gaan gepaard met globale klimaatsveranderinge, soos veranderinge in reënvalpatrone en verwoestyning
Anemometer
'n Anemometer is 'n instrument wat gebruik word om windsnelheid te meet. Die mees algemene soort bestaan uit drie klein bakkies wat op 'n vertikale draaispil gemonteer word. Hoe groter die windsnelheid, hoe vinniger roteer die bakkies. Ervare waarnemers kan die windsnelheid taamlik akkuraat skat sonder die gebruik van instrumente. Sulke skattings word gewoonlik aangedui as punte op die Beaufortskaal, wat wissel van windsterkte 0 (kalm) tot windsterkte 12 (orkaan
Lugbesoedeling
Lugbesoedeling is enige vorm van besmetting met betreking tot die atmosfeer met gasse, vloeistowwe of soliede afval of byprodukte wat menslike gesondheid en die welvaart van plante en diere in gevaar stel, of wat nuttige stowwe en materiale afbreek, sigbaarheid verminder, of ongewenste reuke produseer. Onder die lugbesoedelaars wat deur natuurlike prosesse vrygestel word, word slegs die radioaktiewe gas radon as 'n noemenswaardige gesondheidsgevaar geag. Radon is die byproduk van die radioaktiewe verval
Volstruis
Die volstruis is 'n loopvoël wat inheems aan Afrika is, waar dit aangetref word in woestynagtige gebiede, oop vlaktes en die bosveld. Dit is die enigste oorlewende spesie van die familie, Struthionidae, en die genus Struthio. 'n Volstruis het 'n maklik-herkenbare voorkoms met sy lang nek en lang bene. Volstruise kan ook baie vinnig hardloop en het die vinnigste landspoed van alle voëls: 65 km/h
Ontbossing
Ontbossing is die proses waarin woude of bosse uitgehaal word en die grond daarna vir iets anders gebruik word. Voorbeelde van ontbossing is waar bome uitgehaal word om plek te maak vir landboubedrywighede of nuwe woongebiede. Tropiese reënwoude is tans die plek waar die grootste ontbossing plaasvind. Byna 30% van die aarde se landoppervlak word deur woude bedek
Berghaan
Die berghaan is 'n mediumgrootte arend in die voëlfamilie Accipitridae. Dit is die enigste lid van die genus Terathopius en moontlik die oorsprong van die "Zimbabwe-voël", die nasionale embleem van Zimbabwe
Windkragaanleg
'n Windenergieaanleg of windkragsentrale is 'n toestel wat kinetiese windenergie in meganiese energie omsit. Indien die meganiese energie gebruik word om krag op te wek, word die toestel "windopwekker" of "windturbine" genoem. Indien die meganiese energie gebruik word om fisieke werk te verrig – dit wil sê om masjinerie aan te dryf, soos byvoorbeeld om graan te maal of water te pomp, word die toestel 'n windmeul of windpomp genoem. In die omgangstaal word die twee terme en betekenisse dikwels met mekaar
Fonteinriet
Fonteinriet is 'n restio wat voorkom in die Wes-Kaap en die suidweste van die Oos-Kaap. Op die SANBI-rooilys is die spesie, wat endemies aan Suid-Afrika is, as veilig (LC) gelys
Suurreën
Suurreën is reën of enige ander vorm van presipitasie wat ongewoon suuragtig is, dus verhoogde vlakke van waterstofione. Reën, sneeu, mis, hael or selfs stof wat neerslaan kan suur wees