2021 Top Ten of Conflict

Wikimedia-stigting
Die Wikimedia-stigting is die oorkoepelende organisasie van Wikibooks, Wikidata, Wikinews, Wikipedia, Wikiquote, Wikisource, Wikispecies, Wikiversity en WikiWoordeboek. Dit is 'n nie-winsgewende organisasie, geregistreer volgens die wette van die Amerikaanse deelstaat Florida. Sy huidige hoofkwartier is in die Noord-Kaliforniese metropool San Francisco geleë
Olimpiese Somerspele
Die Olimpiese Somerspele, amptelik die Spele van die Olimpiade, is 'n internasionale multi-sport geleentheid wat elke vier jaar deur die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) georganiseer word. 'n Olimpiese oorwinning word wêreldwyd gesien as die mees prestigeryke oorwinning in 'n sport. Medaljes word uitgereik in elke item, met 'n goue medalje vir die eerste plek, silwer vir die tweede en brons vir die derde, 'n tradisie wat in 1904 begin het
Kamala Harris
Kamala Devi Harris is 'n Amerikaanse politikus en prokureur wat op 20 Januarie 2021 as 49ste adjunkpresident van die Verenigde State van Amerika ingehuldig is. Sy was Joe Biden se adjunkpresidentskandidaat vir die 2020-verkiesing; hulle het die vorige president, Donald Trump, en adjunkpresident, Mike Pence, geklop. Harris het tussen 2010 en 2017 as die prokureur-generaal van Kalifornië gedien en was tussen 2017 en 2021 die junior Amerikaanse senator vir Kalifornië as lid van die Demokratiese Party
Abdelmadjid Tebboune
Abdelmadjid Tebboune is 'n Algerynse politikus en sedert Desember 2019 die 8ste president van Algerië. Hy het president Abdelaziz Bouteflika en die waarnemende staatshoof Abdelkader Bensalah in hierdie amp opgevolg. Tebboune was van Mei 2017 tot Augustus 2017 premier van Algerië. Hy was van 2001 tot 2002 vir een jaar en van 2012 tot 2017 vir 5 jaar minister van behuising
Omuramba
Omuramba ook bekend as omaramba, is die term vir ou rivierbeddings wat in die Kalahari-woestyn van Afrika voorkom, veral in die noordoostelike deel van Namibië en die noordwestelike deel van Botswana. Die woord is ontleen uit die Herero-taal. 'n Omuramba bied af en toe staande waterpoele en meer vrugbaarheid as in die omliggende sandvlaktes. Sommige omiramba staan bekend as Eiseb, Rietfontein, Epukiro, en Omatako. Hulle begin meestal in die sentrale dele van Namibië en loop in die sentrale dele van
Billy Herrington
Billy Herrington was 'n Amerikaanse akteur
Sonja Loots
Sonja Loots is 'n Suid-Afrikaanse skrywer en die dogter van die skrywer Kristel Loots
Marokko
Marokko, amptelik die Koninkryk Marokko, is 'n land in Noordwes-Afrika. Dit het 'n lang kuslyn aan die Atlantiese Oseaan wat verby die Straat van Gibraltar strek tot in die Middellandse See. Die land grens aan Algerië in die ooste. Die suidgrens met Wes-Sahara en Mauritanië is omstrede. Die Spaanse eksklawes Ceuta en Melilla word ook deur Marokko opgeëis
Arabiese Demokratiese Republiek Sahara
Die Arabiese Demokratiese Republiek Sahara is 'n land wat voorheen as Spaanse kolonie Spaans-Sahara bekend gestaan en op 14 November 1975 van Spanje onafhanklik geword het. Dit is geleë in Noord-Afrika, suidwes van Marokko en Algerië asook noordwes van Mauritanië. Die Kanariese Eilande lê noordwes van Wes-Sahara in die Atlantiese Oseaan. Die SADR is op 27 Februarie 1976 deur die Polisario in die gebied Wes-Sahara geproklameer
Priemfaktor
'n Priemfaktor van 'n natuurlike getal is 'n deler van die getal wat ook 'n priemgetal is