2020 Top Ten of Polemic for Nature

Aborsie
'n Aborsie of vrugafdrywing is die voortydige beëindiging van 'n swangerskap, voor die embrio kan ontwikkel of die fetus (baba) gebore kan word. Aborsies kan spontaan plaasvind, meestal omdat iets tydens die swangerskap verkeerd gegaan het. Wanneer dit gebeur, word dit 'n miskraam genoem. Mense kan ook 'n swangerskap doelbewus beëindig. Dit staan as opsetlike vrugafdrywing of geïnduseerde aborsie bekend. Die term aborsie verwys mees algemeen na laasgenoemde. Die soortgelyke prosedure, as die fetus reeds
Fotosintese
Fotosintese is 'n belangrike biochemiese proses waarmee plante, alge, en sommige bakterieë die energie van sonlig benut om voedsel te vervaardig. Die meeste lewende organismes is per slot van rekening direk of indirek afhanklik van fotosintese vir hulle voedsel. Dit is verantwoordelik vir die vervaardiging van suurstof wat 'n groot deel van die aarde se atmosfeer uitmaak. Organismes wat energie omskakel deur middel van fotosintese word fototrowe genoem. Daar word geraam dat meer as die helfte van alle
Waterbesoedeling
Waterbesoedeling is die besoedeling van watermassa. Waterbesoedeling kom voor wanneer die besoedelende stof direk of indirek in die watermassa beland sonder voldoende behandeling om die skadelike stof te verwyder
Olifant
Die olifant (Elephantidae) is 'n familie van groot soogdiere wat aan die orde van slurpdiere behoort. Die familie omvat twee lewende genera wat drie lewende spesies bevat: die Afrika Savanne-olifant wat in Sub-Sahara Afrika voorkom, die Afrika-woudolifant van Wes- en Sentraal-Afrika en die Asiatiese olifant wat in Indië en Suidoos-Asië voorkom
Cordia
Cordia is 'n genus van kruidagtige plante wat hoort tot die familie Boraginaceae. Die blare van die agt spesies pieringbessies ruik na gesnyde gras wanneer hulle gekneus word. Die vrugte is kenmerkend vlesig met een saad en word gedeeltelik of volkome omring deur 'n blywende, vergrote kelk
Gehoorapparaat
'n Gehoorapparaat of 'n gehoortoestel is 'n toestel wat diegene met doofheid beter help hoor. Voor die aankoms van die moderne toestelle, is 'n tregteragtige versterkingskegel, genaamd 'n oortrompet", gebruik
Klimaat
Klimaat is die gemiddelde toestand van die weer oor 'n tydperk van ten minste 30 jaar. In teenstelling hiermee is die weer die toestand van die atmosfeer op 'n gegewe oomblik in tyd
Gallium
Gallium is 'n chemiese element in die periodieke tabel met die simbool Ga en atoomgetal van 31
Tuna
Tuna is die naam vir 'n verskeidenheid spesies roofvisse wat in die see voorkom, in die familie Scombridae, hoofsaaklik van die genus Thunnus. Tunas is groot en besonder vinnige seevisse
Silwer
Silwer is 'n chemiese element met die simbool: Ag, vanuit die Latyn: Argentum en atoomgetal van 47. Silwer is 'n sagte, glansende wit oorgangsmetaal met die hoogste elektriese geleidingsvermoë van alle elemente en het ook die hoogste termiese geleidingsvermoë van enige metaal. Dit kom voor as 'n vrye metaal asook in verskeie minerale soos argentiet en chlorargiriet. Die meeste silwer word vervaardig as byproduk van die ontginning van koper, goud, lood en sink