2020 Top Ten of Polemic for Mathematics
- Skrikkeljaar
- 'n Skrikkeljaar is 'n jaar wat 'n ekstra dag bevat om die kalenderjaar te sinkroniseer met die astronomiese jaar. Seisoengebeure en astronomiese gebeure herhaal nie op 'n presiese aantal dae nie, met die gevolg dat 'n kalender met dieselfde aantal dae vir elke jaar geleidelik sal verskuif ten opsigte van die gebeurtenis waarmee dit moet ooreenstem. Deur by geleentheid 'n ekstra dag of maand in die jaar by te voeg, kan hierdie verskuiwing gekorrigeer word
- Vierkante kilometer
- Vierkante kilometer is 'n SI-eenheid vir oppervlak. Dit is 'n afgeleide SI-eenheid, en is gelyk aan:die oppervlakte van 'n vierkant met sye wat elk een kilometer lank is
1 000 000 m²
100 hektaar
0,386 102 vierkante myl (landmyl)
247,105381
- Lengte
- Lengte is die langste dimensie van 'n voorwerp en word soms sinoniem gebruik met 'afstand
- Pi
- Die wiskundige konstante π (geskryf as "pi" wanneer die Griekse letter nie beskikbaar is nie, uitgespreek "pie") word algemeen in wiskunde en fisika gebruik. In Euclidiese meetkunde word π gedefinieer as óf die verhouding van 'n sirkel se omtrek tot sy deursnit, óf as die oppervlakte van 'n sirkel van radius 1 (die eenheidsirkel). Die meeste moderne handboeke definieer π analities deur trigonometriese funksies te gebruik, soos bv. as die kleinste positiewe x waarvoor sin(x) = 0, of twee maal die
- Lukraak
- Lukraak of Lukrake gebeure, handelinge of toestande is waar daar geen patroon raakgesien kan word nie en daar dus geen voorspelbaarheid is nie. Dit kan ook beskryf word as iets wat van die toeval afhang
- Kubieke sentimeter
- 'n Kubieke sentimeter is 'n algemeengebruikte eenheid van volume wat tot die afgeleide SI-eenheid kubieke meter strek, en stem ooreen met die volume van 'n kubus wat 1 cm × 1 cm × 1 cm meet. Een kubieke sentimeter stem ooreen met 'n volume van 1/1 000 000 van 'n kubieke meter, of 1/1 000 van 'n liter, of een milliliter; dus is 1 cm3 ≡ 1 ml. Die massa van een kubieke sentimeter water by 3.98 °C is gelyk aan een gram. Let daarop dat SI net die gebruik van simbole ondersteun en verag die gebruik van
- Vierkante meter
- Vierkante meter of kwadraatmeter is 'n SI eenheid vir oppervlak. Dit word gedefinieer as die oppervlakte van 'n vierkant met sye wat elk een meter lank is. Dit is 'n afgeleide SI-eenheid, en is gelyk aan:0.000 001 vierkante kilometer (km2)
10,000 vierkante sentimeters (cm2)
0.000 1 hektaar (ha)
0.000 247 105 381 akker
10.763 911 vierkante voet
1,550.003 1 vierkante
- Desimale plekke
- In wiskunde is die desimale plekke van 'n getal 'n aanduiding van die noukeurigheid waarmee die getal weergegee word. Dit verwys na die aantal syfers, wat na die desimale komma volg, wat behou word. Dus is 0,123 'n getal met drie desimale plekke, en die waarde van π is 3,14 tot twee desimale plekke. 'n Verwante begrip is die beduidende plekke, wat dieselfde as desimale plekke is behalwe dat mens nie na die komma begin tel nie, maar by die eerste syfer wat nie nul is nie
- Kwartaal
- 'n Kwartaal of trimester is 'n kwart van 'n jaar, dertien weke, of ongeveer 91 dae. Dit is dus een van die vier periodes van drie opeenvolgende maande waarin die jaar verdeel word
- (ε, δ)-definisie van 'n limiet
- In kalkulus is die (ε, δ)-definisie van ’n limiet 'n amptelike weergawe van die konsep van ’n limiet. Dit is eerste deur Bernard Bolzano in 1817 beskryf, gevolg deur ’n minder akkurate weergawe deur Augustin-Louis Cauchy. Die definitiewe moderne stelling is verskaf deur Karl Weierstrass