2020 Top Ten of Polemic for Health
- Tablet (medisyne)
- 'n Tablet is 'n farmaseutiese doseervorm. Tablette kan gedefinieer word as die soliede eenheidsdosisvorm van geneesmiddels of medikamente met of sonder geskikte hulpstowwe en word berei deur dit óf te giet of deur kompressie. Dit bestaan uit 'n mengsel van aktiewe en hulpstowwe, gewoonlik in poeiervorm, gepers of gekompakteer tot 'n soliede dosis. Die hulpstowwe kan insluit verdunningsmiddels, bind- of granuleermiddels, vloei- of smeermiddels om doeltreffende tablettering te verseker; disintegrante om
- Mediese gasse
- Mediese gasstelsels in hospitale, en die meeste ander gesondheidsorgfasiliteite, is noodsaaklik vir die verskaffing van suurstof, laggas, stikstof, koolstofdioksied en mediese lug per pypleiding na die verskillende dele van die hospitaal. Hierdie stelsels word gewoonlik intensief gemonitor deur verskeie gerekenariseerde alarmstelsels
- Jeuksiekte
- Jeuksiekte is 'n velsiekte wat veroorsaak word deur die jeukmyt, Sarcoptes scabiei. Dit steek gewoonlik aan met intieme kontak tussen mense. Dit gee 'n erg jeukerige uitslag ook bekend as "skabies", "jolliejeuk" of "lekkerkrap". 'n Ander myt, die skurftemyt, veroorsaak die siekte by diere bekend as brandsiekte
- Koronavirussiekte-2019
- Koronavirussiekte-2019 is 'n aansteeklike siekte veroorsaak deur Ernstige akute respiratoriese sindroom koronavirus 2 (EARS-KoV-2
- Siekte
- 'n Siekte is 'n skadelike fisiese of psigiese afwyking van 'n organisme. Meer spesifiek, dit is 'n ontwrigting van die homeostase, die selfregulerende proses waardeur biologiese stelsels hulle stabiliteit bewaar deur by omstandighede aan te pas. Dit gaan dikwels met simptome gepaard wat die mediese toestand verklap
- Suikersiekte
- Diabetes mellitus is 'n metaboliese afwyking wat gekenmerk word deur hiperglukemie. Dit word suikersiekte in die volksmond genoem, maar daar kan deur die gebruik hiervan verkeerde afleidings gemaak word. Twee sulke afleidings sluit in dat mens die siekte opdoen deur te veel suiker in te neem, en tweedens dat mens geen suiker mag inneem as mens die siekte onder lede het nie
- Internasionale Statistiese Klassifikasie van Siektes en Verwante Gesondheidsprobleme
- Die Internasionale Statistiese Klassifikasie van Siektes en Verwante Gesondheidsprobleme, gewoonlik afgekort as die Internasionale Klassifikasie van Siektes, is die internasionale "standaard-diagnosehandleiding vir epidemiologie, gesondheidsbestuur en kliniese doeleindes". Die Engelse naam is International Statistical Classification of Diseases and Related Health Problems, of kortweg International Classification of Diseases (ICD
- Chlooramfenikol
- Chlooramfenikol is 'n antibiotikum wat nuttig is in die behandeling van 'n aantal bakteriële infeksies. Dit is 'n bakteriostatiese middel wat beskikbaar is sedert 1949. Dit word beskou as 'n prototipiese breëspektrum antibiotikum, saam met die tetrasikliene. Dit is beide goedkoop en maklik om te vervaardig, en is dikwels die antibiotikum van keuse in die ontwikkelende wêreld
- Alexander Fleming
- Alexander Fleming was 'n Britse bakterioloog en die ontdekker van penisillien
- Omgewingsgesondheid
- Omgewingsgesondheid is die afdeling van openbare gesondheid wat gemoeid is met alle aspekte van die natuur en die opgeboude omgewing wat die mens se gesondheid mag affekteer. Ander terminologie wat op dissipline van omgewingsgesondheid wys sluit in: openbare omgewingsgesondheid, omgewingsgesondheid en omgewingsbeskerming