2020 Top Ten of Polemic for Geography

Babalalaspruit
Die Babalalaspruit is 'n sytak van die Shingwedzirivier in die provinsie Limpopo van Suid-Afrika. Die spruit vloei in die noordedeel van die Krugerwildtuin
Israeliese Standaardtyd
Israeliese Standaardtyd (IST) is die standaardtydsone in Israel. Dit is twee uur voor UTC, dus UTC+02:00
Karnataka
Karnataka, tot in 1973 Mysore, is 'n deelstaat in suidwestelike Indië. Die hoofstad en grootste stad is Bangalore, gevolg deur Hubli-Dharwad. Die deelstaat het 'n bevolking van 61 130 704 in 2011 gehad. Naas die ampstaal Kannada word onder andere Konkani gepraat. Die deelstaat se geografie word gekenmerk deur die Wes-Ghats en die Krisjna, een van die grootste riviere van Indië
Rietbokloop
Die Rietbokloop is 'n takrivier van die Krokodilrivier in die provinsie Mpumalanga, Suid-Afrika
Gemakstroom
Die Gemakstroom is 'n takrivier van die Komatirivier in Mpumalanga in Suid-Afrika
Buffelsrivier (Oos-Kaap)
Die Buffelsrivier of Cwenqgcwe loop deur King William’s Town en Oos-Londen aan die ooskus van Suid-Afrika. Die rivier is wes van die Nahoonrivier. Sy monding vorm die enigste bevaarbare rivierhawe in Suid-Afrika. Die Rooikrantzdam is naby Qonce
Goudrivier
Die Goudrivier is 'n takrivier van die Bloklandspruit in Limpopo in Suid-Afrika
Engels
Engels is 'n Wes-Germaanse taal wat vanuit Engeland ontwikkel het. Dit is die derde mees algemene "eerste" taal, met omtrent 335 miljoen mense in 2002. Engels het lingua franca-status in baie dele van die wêreld, as gevolg van die militêre, ekonomiese, wetenskaplike, politieke en kulturele invloed van die Verenigde Koninkryk en later die Verenigde State. Waar moontlik word omtrent alle studente wêreldwyd verplig om 'n bietjie Engels te leer, en kennis van Engels is feitlik 'n voorvereiste om te kan werk
Baske
Die Baske is 'n etniese groep inheems aan die outonome Gemeenskap van die Baskeland in die noorde van Spanje wat met die Baskiese taal verband hou. Hulle deel 'n gemeenskaplike Baskiese kultuur, afkoms en praat Baskies as moedertaal asook Spaans of Frans as tweede taal. Baske vorm 'n nasie in die noordelike outonome gemeenskap Baskeland. Streng gesproke verwys die term Baske na die bevolking van Baskeland wat net van Baskiese afkoms is
Indië
Indië, amptelik die Republiek Indië, is 'n republiek in Suid-Asië. Met 'n bevolking van 1 407 563 842 (2021) is dit die tweede mees bevolkte land ter wêreld, ná die Volksrepubliek China