2020 Top Ten of Polemic for Culture
- Ensiklopedie
- 'n Ensiklopedie is 'n geskrewe versameling van menslike kennis.
Die term kom van die Griekse woorde εγκύκλιος παιδεία, enkyklios paideia
- Italiaanse Wikipedia
- Die Italiaanse uitgawe van Wikipedia word in Januarie 2002 geskep. Op 22 Januarie 2013 het dit reeds 1 000 000 artikels bevat, wat dit toe die vyfde grootste uitgawe van Wikipedia gemaak het, net na die Engelse, Duitse, Nederlandse en Franse Wikipedias. In Augustus 2005 steek dit die Spaanse en Portugese Wikipedias verby, waardeur dit die 8ste grootste Wikipedia word. Hierdie sprong is hoofsaaklik te danke aan 'n geoutomatiseerde opdatering wat die aantal artikels van 56 000 na 64 000 opstoot. Die
- Wikiquote
- Wikiquote is 'n susterprojek van Wikipedia, en gebruik dieselfde MediaWiki-sagteware. Dit is een van 'n familie van wiki-gebaseerde projekte wat deur die Wikimedia-stigting bedryf word. Wikiquote is gebaseer op 'n idee van Daniel Alston wat deur Brion Vibber geïmplementeer is. Die doel van die projek is om 'n groot verwysingwerk te skep, bestaande uit aanhalings van mense, boeke en gesegdes, en om verdere inligting oor hulle weer te gee
- Portugese Wikipedia
- Die Portugese Wikipedia is die Portugese uitgawe van Wikipedia, 'n gratis aanlyn ensiklopedie. Die wikipedia is in 11 Mei 2001 begin. Dit het tans 1 103 235 artikels
- Vir die voëls
- Vir die voëls is ’n Afrikaanse rolprent wat op 25 November 2016 vrygestel is. Die fliek is gebaseer op 'n kortverhaal deur Irma Humpel, getiteld "Slim vang sy baas". Die storie gaan oor die ware liefdesverhaal van Irma en Sampie de Klerk van Newcastle. Irma het dit ingeskryf vir ’n leserswedstryd op soek na ’n draaiboek om Huisgenoot se 100ste bestaansjaar te vier. Huisgenoot het die film in samewerking met kykNET Films en The Film Factory vervaardig
- Dialek
- 'n Dialek is 'n variëteit van 'n taal wat kenmerkend van 'n besondere groep van die taal se sprekers is. Die term word meestal gebruik vir streekstaalpatrone, maar 'n dialek kan ook deur ander faktore, soos sosiale stand, bepaal word
- Die Tuindwergies
- Die Tuindwergies is 'n Suid-Afrikaanse musiekgroep wat bestaan uit Pieter de Jager, Dawie de Jager (baskitaar), Emile Swiegers, en Jean Swiegers (tromme). Naas van Jaarsveld is 'n voormalige lid. Hulle wen die MK-toekenning vir beste nuweling in 2011
- Komma
- Die komma (,) word hoofsaaklik gebruik om die leesbaarheid van 'n teks te verhoog. Volgens die AWS (2017) dui dit die grense tussen bepaalde sinsdele aan, of maak dit die leser bedag op 'n kort pouse wat sinne in betekenisvolle dele verdeel
- Hindi
- Hindi, of meer presies Moderne Standaard-Hindi, is 'n Indo-Ariese taal wat deur sowat 592 miljoen mense in Indië en Pakistan gepraat word. Die oorsprong lê beide in Sanskrit en in Perso-Arabies. Die grammatika stam veral uit Sanskrit en die woordeskat is gemeng
- Gregoriaanse kalender
- Die Gregoriaanse kalender, wat tans regoor die Westerse wêreld gebruik word, is 'n wysiging van die Juliaanse kalender. Dit is die eerste keer voorgestel deur die Napelse dokter Aloysius Lilius, en is op 24 Februarie 1582 deurgevoer deur pous Gregorius XIII