2020 Top Ten of Conflict for Technology

Google
Google LLC is 'n multinasionale Amerikaanse onderneming wat op internet-gebaseerde dienste en produkte fokus, waaronder advertensie-verwante tegnologieë, soekenjins, wolkrekenaardienste, sagteware en hardeware. Tans word dit as een van die Big Four of groot vier ondernemings in die tegnologiebedryf beskou - naas Amazon, Apple en Facebook. Die onderneming se missieverklaring is «om die wêreld se inligting te organiseer en dit op 'n universele basis toeganklik en nuttig te maak
Android
Android [ˈændɹɔɪd] is 'n oopbron-bedryfstelsel en sagteware-platform vir mobiele toestelle soos slimfone, selfone, mediaspelers, netboeke en tabletrekenaars wat deur die Open Handset Alliance ontwikkel word, 'n konsortium van 84 ondernemings uit die inligtingstegnologie- en telekommunikasiebedryf wat belangstelling het in die bevordering van oop standaarde vir mobiele toestelle en wat deur die Amerikaanse maatskappy Google in die lewe geroep is. Android is die geesteskind van Andy Rubin, eienaar van
Wayback Machine
Die Wayback Machine is 'n digitale argief van die Wêreldwye Web en ander inligting op die Internet. Die diens stel mense in staat om webblaaie te argiveer en geargiveerde bladsye oor tyd op te roep. Dit is veral handig om bladsye wat nie meer bestaan nie, op te soek
Facebook
Facebook is die wêreld se grootste en aktiefste sosiale netwerkwebwerf. Teen Oktober 2012 het dit meer as een miljard gebruikers gehad, en meer as die helfte van hulle gebruik die mobiele weergawe van die webblad. Facebook is in meer as twintig tale beskikbaar, waaronder Afrikaans. Die gebruik van Facebook is gratis. Nadat 'n gebruiker geregistreer is mag hy 'n persoonlike profiel skep, ander mense bevriend en boodskappe uitwissel. Daar is ook 'n reeks toepassings, soos byvoorbeeld speletjies of
Google Chrome
Google Chrome is 'n oopbron webblaaier wat deur Google ontwikkel word en ten doel het om 'n veiliger, vinniger, en meer gebruikersvriendelike webblaaier daar te stel wat gevorderde webtoepassings kan ondersteun
IP-adres
'n IP-adres is 'n unieke nommer, soortgelyk aan 'n telefoonnommer, wat deur masjiene gebruik word om na ander masjiene te verwys wanneer inligting oor die Internet versend moet word; die Internetprotokol bestuur hierdie kommunikasie
HTTP
HTTP (hiperteksoordragprotokol) is ’n protokol wat gebruik word tydens die kommunikasie tussen ’n webkliënt en ’n webbediener. Die protokol word nie net op die Internet gebruik nie, maar ook op lokale netwerke
Internet
Die Internet is ’n wêreldwye stelsel van rekenaarnetwerke wat met mekaar verbind is en data uitruil met behulp van die gestandaardiseerde TCP/IP-protokolsuite. Dis ’n netwerk van miljoene privaat en openbare rekenaars van akademiese, regerings- en sakenetwerke wat verbind word deur optiese vesel- en koperkabels of verskillende soorte kabellose verbindings
Sagteware
Sagteware is 'n generiese begrip vir 'n georganiseerde groep(e) kode wat instruksies verteenwoordig wat uitgevoer word deur 'n rekenaar. Sagteware word gewoonlik eers geskryf as bronkode, en dan verwerk na binêre formaat wat spesifiek is aan die verwerker of omgewing waarin die kode uitgevoer word
GNU-lisensie vir vrye dokumentasie
Die GNU Vrye Dokumentlisensie is 'n kopielinkse lisensie vir vrye dokumentasie wat deur die Stigting vir Vrye Sagteware ontwerp is. Die lisensie is soortgelyk aan die GNU Algemene Publieke Lisensie en gee lesers die reg om die werk te kopieer, aan te pas en te versprei, maar vereis wel dat alle kopieë en afgeleide werke onder dieselfde lisensie beskikbaar gestel word. Kopieë mag ook verkoop word, maar indien die werk in groot hoeveelhede versprei word, moet die oorspronklike werk of bronkode ook