2020 Top Ten of Conflict for Philosophy

Neo-Kantianisme
Neo-Kantianisme is 'n filosofiese beweging oor 'n langer tydperk wat terugkeer na die epistemologiese werk van die Duitse filosoof Immanuel Kant, veral die Kritiek van Reine Beredening. Dit is 'n reaksie op filosofiese bewegings en idees uit die 19de eeu. Alhoewel neo-Kantianisme oorheersend was in Duitse universiteite in die tweede helfte van die 19de eeu, speel dit slegs 'n klein rol in die geskiedenis van die filosofie, en die invloed daarvan op die huidige filosofie is nie baie groot nie
Westerse filosofie
Westerse filosofie verwys na die filosofiese denke en werk van die Westerse wêreld. Histories verwys die term na die filosofiese denke van die Westerse kultuur, beginnend met die Griekse filosofie van die pre-Sokratici soos Thales van Milete en Pythagoras, en wat uiteindelik 'n groot deel van die wêreld dek. Die woord filosofie self is afkomstig van die Antieke Griekse filosofie (φιλοσοφία), letterlik, "die liefde van wysheid
Hamer en sekel
Die hamer en sekel (☭) is deel van die kommunistiese simboliek en die gebruik daarvan dui op 'n verbintenis met kommunisme, 'n Kommunistiese Party of 'n Kommunistiese staat. Dit bevat 'n hamer en sekel bo-oor mekaar. Die gereedskap is simbole van die industriële werkers (proletariaat) en die landelike bevolking; deur dit saam te voeg word eenheid tussen industriële en landbouwerkers gesimboliseer. Die embleem is gedurende die Bolsjewistiese Rewolusie ontwerp
Matriargie
Die term matriargie verwys na 'n familie, nasie of bevolkingsgroep wat deur vroue gelei word. In sommige gevalle lei die matriarg die volk op geestelike of morele vlak, terwyl die politieke gebied deur mans oorheers word. Koningin Elizabeth word deur sommige ook as 'n matriarg beskou, alhoewel sy ook 'n monarg is
Imperialisme
Imperialisme is 'n beleid of ideologie van die uitbreiding van 'n volk se heerskappy oor vreemde lande, dikwels deur militêre mag of deur politieke en ekonomiese beheer oor ander gebiede te verkry. Imperialisme was wêreldwyd normaal en algemeen regdeur die aangetekende geskiedenis, die vroegste voorbeelde dateer uit die middel-derde millennium vC, en verminder eers in die laat 20ste eeu. In onlangse tye is dit moreel verwerplik beskou en is deur internasionale reg verbied. Daarom word die term in
Intellektuele donker web
Die intellektuele donker web is 'n neologisme wat deur die Amerikaanse wiskundige Eric Weinstein geskep is. Die term verwys na 'n groep openbare persoonlikhede wat soos hulle beskou, die oorheersing van progressiewe identiteitspolitiek en politieke korrektheid in die media en die akademie teenstaan. Die term vergelyk idiomaties teenkanting teen die hoofstroommening met dit wat onwettig op die donker web voorkom. Alhoewel dit prominent geassosieer word met regse figure en dit beskryf word as "die
Rassisme in Afrika
Rassisme in Afrika is veelvlakkig en het eeue gelede begin. Dit is 'n verskynsel wat oral in die wêreld voorkom. Dit kan as gevolg van sterk nasionale bande binne sekere groepe gebeur, wat hulle laat dink ander mense is van minder belang as dié van hul eie nasie, of die gevolg wees van 'n oortuiging dat sommige mense of rasse superieur bo ander is. Die Europese kolonialisme het moontlik 'n rol gespeel om rassisme aan te wakker deur nie die mense en hul leefwyse in die nuutgestigte provinsies in ag te
Monargie
Monargie is 'n regeringstelsel of staatsvorm waar die staatshoof gebruiklik lewenslang 'n posisie beklee. Die posisie is gewoonlik oorerflik, dit wil sê dat opvolgers aan dieselfde familie behoort. Voorbeelde van lande wat 'n monargiese stelsel het is die Verenigde Koninkryk, België, Nederland, Japan, Lesotho, eSwatini, Australië, Kanada, Nieu-Seeland en vele andere
Demokrasie
Demokrasie is 'n regeringsvorm gekenmerk deur gereelde en vrye verkiesings waaraan meer as een party kan deelneem, verskanste burgerregte en vrye media. Die woord het sy oorsprong uit die Griekse δημοκρατíα, wat bestaan uit δημος, κρατειν en die agtervoegsel íα. Dit beteken dus "regering deur die mense
Filosofie
Filosofie of wysbegeerte is 'n vakgebied wat die kennis van, en insig in 'n verskeidenheid fundamentele sake najaag, soos byvoorbeeld realiteit, kennis, betekenis, waarde, bestaan en waarheid. In omgangstaal word die term filosofie baie keer gebruik om te dui op 'n ingesteldheid, uitgangspunt of lewensbeskouing. Hierdie artikel handel eerder oor filosofie as 'n akademiese vakgebied