2020 Top Ten of Conflict for Nature
- Aborsie
- 'n Aborsie of vrugafdrywing is die voortydige beëindiging van 'n swangerskap, voor die embrio kan ontwikkel of die fetus (baba) gebore kan word. Aborsies kan spontaan plaasvind, meestal omdat iets tydens die swangerskap verkeerd gegaan het. Wanneer dit gebeur, word dit 'n miskraam genoem. Mense kan ook 'n swangerskap doelbewus beëindig. Dit staan as opsetlike vrugafdrywing of geïnduseerde aborsie bekend. Die term aborsie verwys mees algemeen na laasgenoemde. Die soortgelyke prosedure, as die fetus reeds
- Galápagos-pikkewyn
- Die Galápagos-pikkewyn is 'n pikkewyn wat endemies aan die Galápagos-eilande is. Dit is die enigste pikkewyn wat noord van die ewenaar gevind word
- Fotosintese
- Fotosintese is 'n belangrike biochemiese proses waarmee plante, alge, en sommige bakterieë die energie van sonlig benut om voedsel te vervaardig. Die meeste lewende organismes is per slot van rekening direk of indirek afhanklik van fotosintese vir hulle voedsel. Dit is verantwoordelik vir die vervaardiging van suurstof wat 'n groot deel van die aarde se atmosfeer uitmaak. Organismes wat energie omskakel deur middel van fotosintese word fototrowe genoem. Daar word geraam dat meer as die helfte van alle
- Maanfase
- Maanfase of maangestalte verwys na die vorm van die verligte deel van die Maan soos van die Aarde af gesien. Die maanfases verander terwyl die Maan om die Aarde wentel na gelang van die veranderende posisie van die Maan en Son in verhouding tot die Aarde
- Natuurbewaring
- Natuurbewaring behels veral die pogings om niks wat in die natuur bestaan, verlore te laat gaan nie - veral nie vanweë die aktiwiteite van die mens nie. Só 'n poging omvat alle natuurlike hulpbronne in die litosfeer, hidrosfeer en atmosfeer en alle lewende organismes wat daartoe meehelp om die balans te bewaar. Verstandige, korrekte en oordeelkundige bewarings- en benuttingsmetodes is dus van die allergrootste belang in natuurbewaring
- Olifant
- Die olifant (Elephantidae) is 'n familie van groot soogdiere wat aan die orde van slurpdiere behoort. Die familie omvat twee lewende genera wat drie lewende spesies bevat: die Afrika Savanne-olifant wat in Sub-Sahara Afrika voorkom, die Afrika-woudolifant van Wes- en Sentraal-Afrika en die Asiatiese olifant wat in Indië en Suidoos-Asië voorkom
- Sokoke
- Die Sokoke is ’n kortharige katras wat sy oorsprong in Kenia het. Die oorspronklike naam was Khadzonzos, wat die Keniaanse stam die Giriama daaraan gegee het. Dit beteken "wat soos boombas lyk
- Titaan (maan)
- Titaan of Titan is die grootste van Saturnus se mane en die enigste natuurlike satelliet wat 'n digte atmosfeer het. Dit is ook die enigste ander hemelliggaam buiten die Aarde waarop duidelike bewyse van stabiele oppervlakwater gevind is
- Ingenieurswese
- Die ingenieurswese is die kreatiewe toepassing van natuurwetenskappe, wiskundige metodes en empiriese bevindinge vir die ontwerp, vervaardiging en bou, bedryf, onderhoud en vernuwing van strukture, masjiene, materiale, toestelle, stelsels, prosesse en organisasies. 'n Persoon wat van ingenieurswese 'n beroep maak word 'n ingenieur genoem. Die ingenieur spits hom/haar toe op ontwerp, analise, en/of konstruksie deur gebruik te maak van aanlering en toepassing van kennis
- Waterbesoedeling
- Waterbesoedeling is die besoedeling van watermassa. Waterbesoedeling kom voor wanneer die besoedelende stof direk of indirek in die watermassa beland sonder voldoende behandeling om die skadelike stof te verwyder