2019 Top Ten of Polemic for Technology

IP-adres
'n IP-adres is 'n unieke nommer, soortgelyk aan 'n telefoonnommer, wat deur masjiene gebruik word om na ander masjiene te verwys wanneer inligting oor die Internet versend moet word; die Internetprotokol bestuur hierdie kommunikasie
Google-soekenjin
Die Google-soekenjin is ’n soekenjin wat deur Google besit en bedryf word. Dit kan gebruik word om trefwoorde (teks) op webblaaie te soek. Dit is op 15 September 1997 bekendgestel en het sedertdien die mees gebruikte soekenjin op die wêreldwye web geword. Die woord Google het mettertyd sinoniem met internetsoektogte geword en is sedert 2006 selfs as ’n werkwoord in die Oxford-woordeboek opgeneem. Dit kan ook in Afrikaans as ’n werkwoord gebruik word en wel met ’n kleinletter-g
Tuisblad/Vakgebiede/Tegnologie
Tegnologie Elektronika • Fotografie • Inligtingstegnologie • Klanktegnologie
HTTPS
Hypertext Transfer Protocol over Secure Socket Layer oftewel HTTPS is 'n URI-skema wat gebruik word om aan te dui dat 'n veilige HTTP-verbinding gemaak is. Dit is sintakties identies aan die http:// skema wat gewoonlik gebruik word om toegang tot hulpbronne te verkry deur die HTTP-protokol. Deur die https: URL te gebruik word aangedui dat die HTTP protokol gebruik moet word maar dat 'n ander TCP-poort (443) by verstek gebruik moet word en dat 'n bykomende laag tussen die HTTP en TCP-protokol ingevoeg moet
Koekie (rekenaarwetenskap)
In rekenaarkunde is 'n koekie 'n simbool of 'n klein datapakkie wat tussen kommunikerende programme gestuur word. Die inhoud is onduidelik of betekenisloos vir die ontvanger, maar word geïnterpreteer as dit teruggestuur word aan die aanvanklike sender op 'n latere stadium. Die koekie kan gebruik word as 'n kaartjie; om 'n spesifieke gebeurtenis of transaksie te identifiseer
WhatsApp
WhatsApp is 'n kitsboodskapdiens vir slimfone en uitgesoekte funksieselfone wat van die internet gebruik maak vir kommunikasie. Benewens kort teksboodskappe (SMS'e), kan gebruikers beelde, videogrepe en klankboodskappe aan mekaar stuur, sowel as hul plek aandui met behulp van die geïntegreerde karteringsfunksies
Facebook
Facebook is die wêreld se grootste en aktiefste sosiale netwerkwebwerf. Teen Oktober 2012 het dit meer as een miljard gebruikers gehad, en meer as die helfte van hulle gebruik die mobiele weergawe van die webblad. Facebook is in meer as twintig tale beskikbaar, waaronder Afrikaans. Die gebruik van Facebook is gratis. Nadat 'n gebruiker geregistreer is mag hy 'n persoonlike profiel skep, ander mense bevriend en boodskappe uitwissel. Daar is ook 'n reeks toepassings, soos byvoorbeeld speletjies of
Kunsmatige intelligensie
Kunsmatige intelligensie (KI) is die intelligensie wat 'n masjien of sagteware tentoonstel. Dit is 'n akademiese studieveld wat poog om menslike intelligensie kunsmatig te skep. KI-navorsers en -handboeke definieer dit as "die studie en ontwerp van intelligente agente", waar 'n intelligente agent 'n stelsel is wat sy omgewing waarneem en aksies neem wat sy kanse op sukses vergroot. Voorbeeldtake waarin dit gedoen word, sluit in spraakherkenning, rekenaarvisie, vertaling tussen (natuurlike) tale, asook
HTML
Hypertext Markup Language (HTML) (Afrikaans:hiperteksmarkeertaal) is 'n taal wat die uitleg van dokumente spesifiseer. HTML word veral vir die vertoon van webblaaie op die Wêreldwye Web gebruik
Sagteware
Sagteware is 'n generiese begrip vir 'n georganiseerde groep(e) kode wat instruksies verteenwoordig wat uitgevoer word deur 'n rekenaar. Sagteware word gewoonlik eers geskryf as bronkode, en dan verwerk na binêre formaat wat spesifiek is aan die verwerker of omgewing waarin die kode uitgevoer word