2019 Top Ten of Polemic for Religion

Antichris
Die antichris is volgens die Christelike leer die uiteindelike manifestasie van kwaad in 'n menslike wese. Die antichris is die vyand van Christus wat die bose magte verteenwoordig en kort voor die einde van die wêreld sy opwagting sal maak. Die woord kom vyf keer in die Bybel in 1 Johannes en 2 Johannes voor, een keer in meervoudsvorm en vier keer in die enkelvoud
Rama
Rama, ook bekend as Ramachandra, is ’n belangrike god in Hindoeïsme. Hy is die sewende avatar van die god Vishnu, en saam met Krishna een van die gewildste inkarnasies van hom. In tradisies wat om Rama wentel, word hy as die oppergod beskou
Tuisblad/Vakgebiede/Religie
Islam
Islam is een van die drie groot monoteïstiese godsdienste, saam met Christendom en Judaïsme. Volgelinge van Islam staan bekend as Moslems1
Tien Gebooie
Die Tien Gebooie of Tien Woorde, ook Dekaloog, is 'n lys godsdienstige en morele verpligtinge, wat volgens die Bybel deur God aan Moses gegee is op die berg Sinai of Horeb. Die Joodse fees Sjavuot herdenk die ontvangs van die Tien Woorde deur Moses op die berg Sinai
Gereformeerde kerk Krugersdorp
Die Gereformeerde kerk Krugersdorp is die oudste gemeente van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (GKSA) op die Wes-Randse dorp Krugersdorp en sedert 1986, toe dit 90 jaar oud was, die enigste van die twee gemeentes aan die Witwatersrand uit die 19de eeu wat steeds bestaan. Die Gereformeerde kerk Johannesburg is net ’n maand ná Krugersdorp gestig, op 23 Mei 1896, maar het ná ’n paar gedaantewisselings in 1986 ontbind. Een van die twee ander Gereformeerde kerke op die dorp, Krugersdorp-Oos, is by
Gereformeerde kerk Colesberg
Die Gereformeerde kerk Colesberg is die derde oudste gemeente van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika in die destydse Kaapprovinsie en is gesetel op die Noord-Kaapse dorp Colesberg
Jesus van Nasaret
Jesus van Nasaret, ook algemeen bekend as Jesus, is die sentrale figuur in die Christendom en is ook 'n belangrike figuur in verskeie ander gelowe. Daar word ook na hom verwys as Jesus Christus, waar "Christus" afkomstig is vanaf die Griekse Χριστός (Christós) wat "Gesalfde een" beteken en verwant is aan die Hebreeus-afgeleide "Messias". Die naam "Jesus" is afkomstig van die vernederlandse vorm van die Griekse Ίησους (Iesoûs), wat self 'n Hellenisering van die Hebreeus-Aramese ישוע is
Salomo
Salomo was die vierde koning van Israel en 'n seun van koning Dawid en Batseba. Hy het op haar aandrang die troonopvolger van Dawid geword. Salomo het volgens Bybelse geskrifte van ongeveer 970 v.C. tot 930 v.C. geregeer en het ook volgens die Hebreeuse Bybel die eerste Joodse Tempel gebou
Ahl al-Bayt
Ahl al-Bayt is 'n Arabiese frase wat Mense van die Huis of Familie van die Huis beteken. Die frase word gebruik voor die stigting van die Islam in Arabië om na iemand se stam te verwys. Binne Islam verwys die frase na die familie van die profeet Muhammad. Volgens Shia-moslems bestaan die Ahl al-Bayt uit vyf mense: Muhammad, Ali, Fatimah, Hassan en Hussain. In Sunni-Islam word Mohammed se vroue ook ingesluit in die Ahl al-Bayt