2019 Top Ten of Polemic for Health
- Siprofloksasien
- Siprofloksasien is 'n tweede-generasie fluorokinoloon antibiotikum. Die spektrum van aktiwiteit sluit in die meeste stamme van bakteriële patogene verantwoordelik vir respiratoriese, urinêre, maag, en abdominale infeksies, insluitend Gram-negatiewe bakteriese patogene. Siprofloksasien en ander fluorokinolone word van waarde geag omrede hul breë spektrum van aktiwiteit, uitstekende weefselbinnedringing en vir hul beskikbaarheid in beide mondelinge en binneaarse formulerings
- Bysteek
- 'n Bysteek word met die angel van 'n by toegedien. Die meeste van hierdie spesies se steke kan baie pynlik wees en word terdeë vermy deur meeste mense
- Online Mendelian Inheritance in Man
- Online Mendelian Inheritance in Man (OMIM) is ’n databasis wat al die bekende siektes met ’n genetiese komponent lys en hulle, waar moontlik, verbind met die relevante gene in die menslike genoom. Dit verskaf ook verwysings vir verdere navorsing en instrumente vir genoom-ontleding van ’n geen in die katalogus
- Diasepam
- Diasepam is 'n geneesmiddel, wel 'n bensodiasepien, wat gebruik word om onder andere angs, spanning en slapeloosheid mee te behandel. Die middel kan oraal, binne-aars of binnespiers toegedien word
- Sarkoom
- In die mediese vakterminologie verwys die begrip sarkoom na 'n kwaadaardige nuut-vorming uitgaande van weefsels wat van die middelste kiemblad afkomstig is
- Geneeskunde
- Geneeskunde is die vakgebied toegespits op die bestudering van die sel-, weefsel- en orgaansisteme, asook die patologiese manifestasies. Sekondêr – sielkunde en psigiatrie. Daar word gestreef na die herstelling van die mens na 'n gesonde toestand d.m.v. diagnose, prognose en voorkoming
- ICD-10 Hoofstuk IX: Siektes van die bloedsomloopstelsel
- ICD10 Hoofstuk IX omvat siektes van die bloedsomloopstelsel, gerangskik volgens die tiende uitgawe van die Internasionale Statistiese Klassifikasie van Siektes en Verwante Gesondheidsprobleme. Die hoofstuk omvat die kodes I00 tot I99
- Stem
- Die menslike stem is die klank wat deur 'n mens gegenereer word deur gebruik te maak van die stembande vir praat, sing, lag, huil, skree, ens. Stem is daardie deel van menslike klankproduksie waar die stembande die primêre bron van klank is. Die meganisme vir die generering van die menslike stem word algemeen in drie subdele verdeel: die longe, die stembande binne die strottehoof, en die artikulators. Die longe dien as 'n pomp wat lugvloei en lugdruk verskaf waarmee die stembande gevibreer word. Die
- Sonsteek
- Hitte-uitputting vind plaas wanneer 'n persoon aan uitermatige hitte blootgestel word
- Ebola
- Ebola of Ebola hemorragiese koors is 'n ernstige menslike siekte wat deur die ebolavirus veroorsaak word. Die siekte veroorsaak 'n hoë sterftesyfer en daar is geen spesifieke behandeling of medisyne teen die virus beskikbaar nie. Die siekte is skaars en kom tipies in die vorm van plaaslike uitbrekings in lande in Sentraal-Afrika voor. Die naam ebola kom van die gelyknamige rivier in die Kongo waar 'n uitbraak in 1976 plaasgevind en ebola vir die eerste keer erken en bewys is