2019 Top Ten of Polemic for Geography
- N1 (Suid-Afrika)
- Die N1 is een van Suid-Afrika se 15 nasionale paaie. Dit is die belangrikste hoofpad in Suid-Afrika, want dit verbind al die hoofstede, nl. Pretoria, Johannesburg, Bloemfontein en Kaapstad. Die pad loop dus vanaf Kaapstad, tot by Beitbrug, wat die grens tussen Suid-Afrika en Zimbabwe is
- Verenigde State van Amerika
- Die Verenigde State van Amerika, in die omgangstaal ook net Amerika genoem, is 'n federale republiek in die Westelike Halfrond wat uit vyftig deelstate, 'n federale distrik, vyf groter selfregerende gebiede en enkele kleiner eilandbesittings in die Stille Oseaan en die Karibiese See bestaan. 48 van sy deelstate en die federale distrik lê in Sentraal-Noord-Amerika tussen die Stille Oseaan in die weste en die Atlantiese Oseaan in die ooste en word in die noorde deur Kanada en in die suide deur Meksiko
- Touba
- Touba is 'n stad in Senegal met 'n bevolking van 529 176. Die stad is in 1887 deur Aamadu Bàmba gestig en is 194 km oos van die hoofstad Dakar geleë
- Gereformeerde kerk Rietvallei
- Die Gereformeerde kerk Rietvallei is ’n gemeente van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika in die suidooste van Pretoria
- Bamboesspruit, Oos-Kaap
- Die Bamboesspruit is 'n spruit wat in die verre-noorde van die Oos-Kaap, Suid-Afrika vloei. Dit is 'n klein lopie van die Diepspruit wat op sy beurt 'n sytak van die Kraairivier is
- Hoofregter van Suid-Afrika
- Die Hoofregter van Suid-Afrika is die mees senior regter van die Konstitusionele Hof en die hoof van die regbank van Suid-Afrika, wat die finale seggenskap oor die funksionering en bestuur van al die howe uitoefen
- Kansas
- Kansas is 'n Amerikaanse deelstaat op die Groot Vlaktes met 'n oppervlakte van 213 064 vierkante kilometer. Dit word in die noorde deur Nebraska, in die ooste deur Missouri, in die suide deur Oklahoma, en in die weste deur Colorado begrens
- Suid-Korea
- Suid-Korea, amptelik die Republiek Korea, is 'n republiek in Oos-Asië wat die suidelike helfte van die Koreaanse Skiereiland en eilande langs die kus beslaan. Jeju, die grootste eiland, is ongeveer 100 km suid van die vasteland geleë
- ISO 3166-2:BE
- ISO 3166-2:BE is 'n ISO-standaard en bylae tot ISO 3166-2 wat spesifiek op België betrekking het. Hierdie standaard definieer België se geweste
- Latyn
- Latyn was 'n taal wat oorspronklik in die streek Latium, wat Rome insluit, gepraat is. Dit het baie aansien en belang verwerf as die amptelike taal van die Romeinse Ryk. Belangrike Latynse skrywers was Cicero, Tacitus, Vergilius, Horatius en Ovidius