2019 Top Ten of Polemic

Antichris
Die antichris is volgens die Christelike leer die uiteindelike manifestasie van kwaad in 'n menslike wese. Die antichris is die vyand van Christus wat die bose magte verteenwoordig en kort voor die einde van die wêreld sy opwagting sal maak. Die woord kom vyf keer in die Bybel in 1 Johannes en 2 Johannes voor, een keer in meervoudsvorm en vier keer in die enkelvoud
Rama
Rama, ook bekend as Ramachandra, is ’n belangrike god in Hindoeïsme. Hy is die sewende avatar van die god Vishnu, en saam met Krishna een van die gewildste inkarnasies van hom. In tradisies wat om Rama wentel, word hy as die oppergod beskou
N1 (Suid-Afrika)
Die N1 is een van Suid-Afrika se 15 nasionale paaie. Dit is die belangrikste hoofpad in Suid-Afrika, want dit verbind al die hoofstede, nl. Pretoria, Johannesburg, Bloemfontein en Kaapstad. Die pad loop dus vanaf Kaapstad, tot by Beitbrug, wat die grens tussen Suid-Afrika en Zimbabwe is
Willem Botha
Willem Botha is 'n Afrikaanse sanger en akteur. Botha is in 2004 as 'n wenner van die Plusster-talentkompetisie wat deur Die Burger aangebied word aangewys. In 2007 neem hy deel aan kykNET se Idols-reeks en word as naaswenner bekroon waartydens hy 'n platekontrak met Sony-musiek losslaan. Sy debuutalbum, Kô Ma Hier, is in 2007 uitgereik. In 2009 ontvang hy 'n Euro Ster-toekenning vir sy liedjie Dis alles 'n Miracle in die kategorie vir beste oorspronklike Afrikaanse liedjie
Romanz
Romanz is 'n Suid-Afrikaanse musiekgroep wat hoofsaaklik Afrikaanse en ligte klassieke liedjies sing. Die groeplede is: Adam Barnard, Andre Venter, Burgerd Botha, Louis Loock
Verenigde State van Amerika
Die Verenigde State van Amerika, in die omgangstaal ook net Amerika genoem, is 'n federale republiek in die Westelike Halfrond wat uit vyftig deelstate, 'n federale distrik, vyf groter selfregerende gebiede en enkele kleiner eilandbesittings in die Stille Oseaan en die Karibiese See bestaan. 48 van sy deelstate en die federale distrik lê in Sentraal-Noord-Amerika tussen die Stille Oseaan in die weste en die Atlantiese Oseaan in die ooste en word in die noorde deur Kanada en in die suide deur Meksiko
Hunter King
Hunter King is 'n Amerikaanse aktrise. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprent A Girl Like Her (2015) en in die televisiereekse The Young and the Restless (1973), Dexter (2006), en Life in Pieces (2015
Gay
'n Gay is 'n homoseksuele persoon, veral 'n man. Gay is deel van die LGBT-gemeenskap en verwys na 'n seksuele oriëntasie. 'n Gay persoon se regte word deur die Grondwet van Suid-Afrika beskerm
Poes
Poes is 'n obsene woord in Afrikaans wat na die menslike vulva verwys. Dit is die direkte ingebruikneming van die Nederlandse woord poes wat na 'n wyfiekat verwys. Daar kan ook verwys word na die korrelasie tussen die Afrikaanse gebruik van die woord poes en die Engelse gebruik van die woord puss of pussy wat ook na die vroulike geslagsdele verwys. Dit is gewoonlik onaanvaarbaar om die woord in formele of beskaafde geselskap te uiter
IP-adres
'n IP-adres is 'n unieke nommer, soortgelyk aan 'n telefoonnommer, wat deur masjiene gebruik word om na ander masjiene te verwys wanneer inligting oor die Internet versend moet word; die Internetprotokol bestuur hierdie kommunikasie