2018 Top Ten of Polemic for Technology
- WhatsApp
- WhatsApp is 'n kitsboodskapdiens vir slimfone en uitgesoekte funksieselfone wat van die internet gebruik maak vir kommunikasie. Benewens kort teksboodskappe (SMS'e), kan gebruikers beelde, videogrepe en klankboodskappe aan mekaar stuur, sowel as hul plek aandui met behulp van die geïntegreerde karteringsfunksies
- IP-adres
- 'n IP-adres is 'n unieke nommer, soortgelyk aan 'n telefoonnommer, wat deur masjiene gebruik word om na ander masjiene te verwys wanneer inligting oor die Internet versend moet word; die Internetprotokol bestuur hierdie kommunikasie
- .aw
- .aw is die Internettopvlakdomein van Aruba. Dit is in 1996 in werking gestel. Die domein word egter weinig gebruik
- Facebook
- Facebook is die wêreld se grootste en aktiefste sosiale netwerkwebwerf. Teen Oktober 2012 het dit meer as een miljard gebruikers gehad, en meer as die helfte van hulle gebruik die mobiele weergawe van die webblad. Facebook is in meer as twintig tale beskikbaar, waaronder Afrikaans. Die gebruik van Facebook is gratis. Nadat 'n gebruiker geregistreer is mag hy 'n persoonlike profiel skep, ander mense bevriend en boodskappe uitwissel. Daar is ook 'n reeks toepassings, soos byvoorbeeld speletjies of
- Karveel
- 'n Karveel was 'n vinnige soort seilskip wat veral in Spanje en Portugal gebou is
- Bronadres
- ’n Bronadres is ’n etiket wat na ’n inligtingsbron, soos byvoorbeeld ’n webbladsy of ’n ander lêer, verwys
- .th
- .th is die Internettopvlakdomein vir Thailand
- Sagteware-ontwikkelaar
- 'n Sagterware-ontwikkelaar is 'n persoon of 'n organisasie wat betrokke is in die ontwikkelingsproses van rekenaar sagteware. Sagteware-ontwikkeling behels meer as net ontwerp en kodering. Dit is die proses om begrippe, spesifikasies, ontwerpe, programmering, dokumente, toetse en fout oplossings op te stel wat betrokke is by die skep en instandhouding van toepassings, raamwerke of ander sagteware-komponente
- .su
- .su is op 19 September 1990 as die Internettopvlakdomein vir die Sowjetunie toegewys. Alhoewel die Sowjetunie slegs vyftien maande later ontbind is, bly die .su-topvlak vandag steeds in gebruik. Dit word geadministreer deur die Russiese Instituut vir Openbare Netwerke
- Celestia
- Celestia is 'n 3D-astronomieprogram vir Windows, OS X en Linux ontwikkel deur Chris Laurel. Die program word gelisensieer onder die GNU Algemene Publieke Lisensie en is vrye sagteware. Die program maak dit moontlik om voorwerpe van die grootte van die internasionale Ruimtestasie (ISS) tot sterrestelsels net soos die melkweg, driedimensioneel te simuleer. Die program gebruik OpenGL as 3D-biblioteek