2018 Top Ten of Polemic for Society
- Antoniem
- 'n Antoniem, van die Grieks anti ("teenoorgestelde") en onoma ("naam"), is 'n woordpaar wat teenoorgestelde betekenisse het, soos "dag" en "nag", "warm" en "koud" en "op" en "af
- Armoedeverligting
- Armoede is 'n wêreldwye probleem en nie net dié van armer lande nie. Alhoewel die probleem al baie lank bestaan, is dit maar eers onlangs dat ryker lande dit ook as hul verantwoordelikheid begin beskou het om hieraan aandag te gee. Tot nou toe het die planne om armoede te verlig van die ryker lande gekom en was armer lande bloot die ontvangers van die hulp wat die ryker lande gedink het hulle behoort te kry
- Kief
- Kief, kif of kef verwys na die harsdraende hare van die daggablom wat afgebreek word van droë dagga en bymekaargemaak en vasgevang word in die siwwe van kruiemeule of toestelle wat spesifiek vir die doel gemaak is. Kief bevat 'n baie hoër konsentrasie van al 113 of meer verskillende kannabinoïede soos THC, CBD, ens. as die inhoud van die daggablom waarvan dit afkomstig is
- Ontugwet
- Die Ontugwet van 1950 was 'n wet onder die Apartheidstelsel wat eens 'n verbod op seksuele verhoudings tussen lede van die wit rassegroep en die swart rassegroep geplaas het. Dit het die maatreëls van die vroeëre Ontugwet No. 5 van 1927 uitgebrei om seksuele verhoudings tussen blankes en lede van alle ander rassegroepe te verbied. Dit was een van die mees omstrede wette van Suid-Afrika onder Apartheid. Die wet was daarop gemik om die vermenging van rasse binne die huwelik en ander seksuele verhoudings te
- Enkelvoudige sin
- 'n Enkelvoudige sin is 'n sin wat uit 'n hoofsin, sonder bysinne bestaan. So 'n sin kan in drie dele opgedeel word, naamlik die onderwerp (wie?), gesegde (doen?) en voorwerp (wat?). 'n Enkelvoudige sin het nooit meer as een gesegde nie en is die teenoorgestelde van 'n saamgestelde sin
- Vraag en aanbod
- In mikro-ekonomie is vraag en aanbod 'n ekonomiese model van prysbepaling in 'n mark. Dit verklaar dat in 'n mededingende mark sal die eenheidprys vir 'n besonder produk of ander verhandelbare item soos arbeid of vloeibare finansiële bates wissel totdat dit tot stilstand kom op 'n punt waar die hoeveelheid wat verlang word gelyk is aan die hoeveelheid wat aangebied word, wat lei tot 'n ekonomiese ewewig tussen die prys en die hoeveelheid wat verkoop word
- Vlag van Nieu-Seeland
- Die nasionale vlag van Nieu-Seeland is in 1869 ontwerp en amptelik op 12 Junie 1902 aanvaar. Die vlag vertoon ’n Blou Britse vaandel met vier vyfpuntige rooi sterre met wit fraiings wat die Suiderkruis voorstel
- Genitief
- Die genitief of genitiewe naamval of vierde naamval is die naamval wat gebruik word om besiting aan te dui, dit is een van die agt oorspronklike naamvalle van die Proto-Indo-Europese taal. Naamvalle het oorspronklik die verhouding van die selfstandige naamwoord met die werkwoord aangedui
- Internasionale Paralimpiese Komitee
- Die Internasionale Paralimpiese Komitee is 'n internasionale nie-regeringsorganisasie wat op 22 September 1989 gestig is om na die belange van gestremde atlete om te sien
- Ku Klux Klan
- Die Ku Klux Klan was die benaming van 'n aantal geheime blanke organisasies in die Verenigde State van Amerika. Hierdie organisasies het 'n homogene Amerikaanse bevolking voorgestaan en het bekend geraak vir hulle rassistiese geweld teen anderskleuriges