2018 Top Ten of Polemic for Religion

Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
Die Gereformeerde Kerke is 'n Christelike kerk in Suid-Afrika wat in 1859 in Rustenburg gestig is. Lede van die kerk word soms na verwys as Doppers. As een van die oudste kerkverbande onder die Afrikaners, word dit beskou as een van die Drie Susterkerke
Gereformeerde kerk Vanderbijlpark-Suid
Die Gereformeerde kerk Vanderbijlpark-Suid was een van vier gemeentes van die GKSA wat tussen 1951 en 1988 op die nywerheidsdorp Vanderbijlpark in die suide van die huidige provisie Gauteng gestig is
Sekte
Die term sekte verwys na 'n afsonderlike religieuse gemeenskap of groepering wat as gevolg van sy leerstelling(s) of rituele in konflik is met die heersende opvatting van 'n gevestigde kerk of ander groot religieuse organisasie of geloof. 'n Sekte het hom sodoende van 'n groter kerk of ander geloof afgeskei, of sy aanhangers is uit die organisasie of geloof verban
Coenie Burger
Coenie Burger is ’n teoloog en die moderator van die Algemene Sinode van die Nederduitse Gereformeerde Kerk. Sy eerste gemeente was die Nuwekerk op Graaff-Reinet van 1975, waarna hy predikant is in die gemeente Stellenbosch-Sentraal. Hy is tans die direkteur van die Buro vir voortgesette Teologiese onderrig
Dawid
Dawid was die tweede koning van Israel en het vir 40 jaar regeer. Hy was die mees uitstaande koning van Israel, en was volgens die Bybel 'n regeerder na God se hart. Hy word uitgebeeld as heldhaftig en oordeelkundig in oorlog, 'n versiende en omsigtige regeerder in vredestyd en die grootste digter van sy tyd. Hy het die grondslag vir die Dawidiese dinastie gevestig wat tot in die Nuwe Testament van die Bybel deurslaggewend gebly het
Nederduitse Gereformeerde Kerk
Die Nederduitse Gereformeerde Kerk is die oudste Kerk in Suid-Afrika en 'n lid van die Nederduits Gereformeerde Kerkfamilie, asook die oudste van die Drie Susterkerke. Die NGK het in 2008 1 162 gemeentes gehad in Suid-Afrika, Namibië, Zimbabwe, Zambië, Botswana en Londen geleë. Talle jonger kerke het reeds uit die sendingwerk van die NG Kerk gegroei soos Malawi, Nigerië en Portugal
Tora
Jode glo God praat met die individu sowel as met die Joodse volk deur die Tora, die Heilige Skrifte van Judaïsme wat beskou word as God se geopenbaarde wil of instruksies. Die Tora bestaan uit vyf boeke wat die eerste gedeelte van die Tanag vorm en staan in die Jodedom as gamisjá goemsjei torá, "die vyf vyfdes van die Tora" bekend. Die Griekse benaming is Πεντάτευχος (Pentáteuchos), Latyn: Pentateuchus of Pentateuchum, Afrikaans: Pentateug, letterlik: "vyf boeke" of "vyf boekrolle
Soera
’n Soera is die hoofstukke waaruit die Koran bestaan. Daar is 114 soewar, wat elk uit ’n aantal ajat bestaan. Die soeras is nie almal ewe lank nie – die kortste een, Al-Kawthar ("Oorvloed"), het net drie ajat, terwyl die langste een, Al-Ba'karah, 286 het
Lutheranisme
Evangelies-Lutherse Kerke is Christelike kerke wat hul leer op die Bybel van die Ou en Nuwe Testament, bepaalde leerstellings van die Ou Kerk en die belydenisskrifte van die Evangelies-Lutherse Kerk fundeer wat gedurende die Wittenbergse Reformasie deur Martin Luther en ander Lutherse teoloë, soos byvoorbeeld Philipp Melanchthon, opgestel is
Gereformeerde kerk Bulawayo
Die Gereformeerde kerk Bulawayo was 'n gemeente van die GKSA in Zimbabwe