2018 Top Ten of Polemic for Nature
- Simbiose
- Simbiose beteken letterlik "saamlewe" en verwys na enige direkte en intieme saamleefverhouding tussen twee organismes van verskillende spesies. Bioloë onderskei tussen drie soorte simbiosie, naamlik kommensalisme, mutualisme en parasitisme. Diere in 'n simbiotiese verhouding word simbionte genoem
- Fisioterapie
- Fisioterapie is 'n geneeskundige beroep wat gemoeid is met die voorkoming en bestuur van bewegingsafwykings wat die gevolg is van siektes en beserings tydens 'n mens se leeftyd. Fisioterapie word gewoonlik deur óf deur 'n gekwalifiseerde fisioterapeut toegepas óf 'n fisioterapeutiese assistent onder leiding van 'n fisioterapeut
- Kaapse grondeekhoring
- Die Kaapse grondeekhoring of bloot grondeekhoring kom in die droë streke van Suider-Afrika voor. Hulle lewe in gate in die grond wat hulle self grawe en wat gemiddeld 700 vierkante meter beslaan en 2 tot 100 ingange kan hê. Hulle deel hulle gate dikwels met stokstertmeerkatte en witkwasmuishonde
- Olifant
- Die olifant (Elephantidae) is 'n familie van groot soogdiere wat aan die orde van slurpdiere behoort. Die familie omvat twee lewende genera wat drie lewende spesies bevat: die Afrika Savanne-olifant wat in Sub-Sahara Afrika voorkom, die Afrika-woudolifant van Wes- en Sentraal-Afrika en die Asiatiese olifant wat in Indië en Suidoos-Asië voorkom
- Volume
- Volume, is die hoeveelheid spasie wat 'n voorwerp inneem. As basis geld dit dat die inhoud van 'n reghoekige blok gelyk is aan lengte × breedte × hoogte. Volume word gemeet in kubieke meter (m³), desimeter (dm³), sentimeter (cm³), millimeter (mm³), ensovoorts. Om vloeistowwe se volume te meet, word 'n maatsilinder gebruik. 'n Vloeistof word versigtig in die silinder gegooi en so word die volume bepaal
- Cullinan-diamant
- Die Cullinan-diamant is die wêreld se grootste diamant. Die diamant is op 26 Januarie 1905 in die Premiermyn by Cullinan deur Frederick Wells gevind. Dit is tot op datum die grootste ruwe sierdiamant wat ooit gevind is. Dit het 3 025 karaat geweeg. Dit was ongeveer 11 cm by 6 cm by 5 cm groot voor dit geslyp is. Wells het 'n beloning van ₤2000 vir sy vonds ontvang. Die diamant is na sir Thomas Major Cullinan, die stigter van die myn, vernoem. Dit is aan die regering van die Transvaalkolonie vir
- Kalkoentjie
- Die Kalkoentjie – ook bekend as Papier-burnapena is 'n ongewerwelde wulk wat aan die hele kus van Suid-Afrika voorkom. Kenmerkend: wanneer die diertjie dood is trek die papieragtige buitenste laag van die skulp af. Die laag is in werklikheid 'n giftige mosdiertjie of briosoïet wat op die wulk se skulp leef en dit teen roofdiere beskerm.
Die skulp het vele riwwe met afwisselende bruin en wit strepe. Die wulk leef in die benedegetysone en vreet beseerde of dooie diere wat hulle opspoor deur die reuk in
- Swartwou
- Die swartwou is 'n gelokaliseerde Palearktiese-broeier en somerbesoeker gedurende Oktober tot Maart. Hulle leef in 'n groot verskeidenheid habitats wat wissel van woudrande tot halfwoestyn. In Engels staan die voël bekend as die black kite
- Kompetisie (natuurverskynsel)
- Kompetisie is 'n wisselwerking waardeur albei betrokke organismes benadeel word. Kompetisie ontstaan wanneer 'n aantal organismes gelyktydig afhanklik is van die een of ander gemeenskaplike en beperkte hulpmiddel of bron. Enkele voorbeelde is die kompetisie tussen diere met 'n beperkte voedselbron, watervoorraad, skuiling of voortplantingsruimte, en tussen plante om genoeg sonlig of groeiruimte te bekom. Kompetisie verskerp indien die behoeftes van die kompeterende organismes identies is en waaróm
- Ietermago
- Die ietermago is 'n soogdier in die orde Pholidota. Daar is slegs een oorgeblewe familie (Manidae), en voorheen is slegs een genus (Manis) erken. Meer onlangs word drie genera erken, wat uit altesaam agt spesies bestaan. Daar is ook 'n aantal uitgestorwe taksonomiese groepe. Ietermago's is die enigste soogdiere wat harde skubbe op hulle vel het. Hulle word in die tropiese streke van Afrika en Asië aangetref. Die ietermago word soms met die Amerikaanse gordeldier vergelyk, maar dié het 'n beenagtige dop