2018 Top Ten of Polemic for Geography
- Duits
- Duits is deel van die Germaanse taalfamilie en, met meer as 100 miljoen sprekers, die elfde grootste taal wêreldwyd. Dit word onder andere gepraat in Duitsland, Oostenryk, Switserland, Luxemburg, Suid-Tirool (Italië), Eupen-Malmédy (België), Liechtenstein, Noord-Sleeswyk (Denemarke) en Namibië, en is nog steeds 'n belangrike vreemde taal in Oos-Europese lande
- Suidelike Halfrond
- Die Suidelike Halfrond is die helfte van 'n planeet se oppervlak wat suid van die ewenaar lê
- Wêreldhandelsentrum
- Die Wêreldhandelsentrum was 'n kompleks bestaande uit sewe geboue in New York, wat deur die Amerikaanse argitek Minoru Yamasaki ontwerp is. Dit is onder leiding van Larry Silverstein van die Haweowerheid van New York en New Jersey, rondom 'n sentrale plaza aan die suidekant van Manhattan in die hartjie van die finansiële distrik opgerig. Die kompleks was meestal bekend vanweë sy indrukwekkende Tweelingtorings met 110 verdiepings elk. Die geboue het 'n bomaanval op 26 Februarie 1993 oorleef. Al die
- High School Musical 2
- High School Musical 2 is die tweede rolprent in die High School Musical-reeks. Die wêreldpremière het op 17 Augustus 2007 by Disneyland in Anaheim, Kalifornië, VSA plaasgevind en is deur die hoof rolverdeling, insluitende Zac Efron, Lucas Grabeel, Vanessa Hudgens en Ashley Tisdale bygewoon. Die rolprent se televisiedebuut was op 17 Augustus 2007 op Disney Channel in die VSA en op Family in Kanada
- Baltiese Duitsers
- Baltiese Duitsers was oorspronklik 'n Duitssprekende minderheid in die gebied van die huidige Estland en Letland wat vanaf die 12de eeu geïmmigreer en as heersende klas groot invloed op die kultuur en taal van die inheemse Estiese en Letse bevolking uitgeoefen het
- Gela
- Gela is 'n belangrike hawestad in Suid-Italië en hoofstad van die historiese landskap en administratiewe gebied Sisilië. Dit was 'n Griekse kolonie, gestig deur mense van die eiland Rhodos en Kreta in 689 v.C., en vernietig deur Mamertines in 282 v.C. Die agglomerasie van Gela het 'n bevolking van 77 307 in 2011 gehad
- N1 (Suid-Afrika)
- Die N1 is een van Suid-Afrika se 15 nasionale paaie. Dit is die belangrikste hoofpad in Suid-Afrika, want dit verbind al die hoofstede, nl. Pretoria, Johannesburg, Bloemfontein en Kaapstad. Die pad loop dus vanaf Kaapstad, tot by Beitbrug, wat die grens tussen Suid-Afrika en Zimbabwe is
- Demografie van Eswatini
- Eswatini word oorwegend deur etniese Swazi's bewoon. Die bevolking bestaan ook uit 'n klein groepie Zoeloes en wit Afrikane, hoofsaaklik van Britse en Afrikaner-oorsprong. Eswatini is ook die tuiste van Portugese setlaars en swart vlugtelinge uit Mosambiek
- Wieg van die Mensdom
- Die Wieg van die Mensdom is 'n wêrelderfenisgebied aan die Wes-Rand, Gauteng, in Suid-Afrika. Die area is net noordwes van Krugersdorp langs die N14 nasionale pad. Dit bestaan uit die Sterkfonteingrotte, Swartkrans, Kromdraai en die omliggende dele. Dit is een van die plekke waar die heel oudste hominied- of aapmensfossiele ter wêreld gevind is. Ander fossiele van uitgestorwe dier- en plantspesies is ook al hier gevind. Die fossiele is vasgevang in dolomietrotse wat na raming tot 2,5 miljoen jaar oud is
- Giessen
- Giessen is 'n dorpie in die munisipaliteit Altena in die Nederlandse provinsie Noord-Brabant, en is in die streek van die Land van Heusden en Altena geleë. Die nedersetting het 1 645 inwoners (2021