2018 Top Ten of Conflict for Society
- Antoniem
- 'n Antoniem, van die Grieks anti ("teenoorgestelde") en onoma ("naam"), is 'n woordpaar wat teenoorgestelde betekenisse het, soos "dag" en "nag", "warm" en "koud" en "op" en "af
- Mosfilm
- Mosfilm is die oudste en grootste rolprentmaatskappy in die Russiese Federasie en word ook as die grootste rolspeler in die Europese rolprentbedryf beskou. Sy hoofkwartier in Ramenki in die Westelike Administratiewe Distrik van Moskou, vlakby die Mossiesheuwels, met 'n totale oppervlakte van 14 000 m² huisves dertien rolprentateljees wat onder die modernstes in Europa gereken word. Hier word steeds sowat tagtig persent van alle Russiese rolprente vir die silwerdoek en televisiekanale asook televisie
- Ku Klux Klan
- Die Ku Klux Klan was die benaming van 'n aantal geheime blanke organisasies in die Verenigde State van Amerika. Hierdie organisasies het 'n homogene Amerikaanse bevolking voorgestaan en het bekend geraak vir hulle rassistiese geweld teen anderskleuriges
- Woordeboek
- 'n Woordeboek is 'n naslaanboek waarin die betekenis van die woorde van 'n sekere taal, of 'n sekere aspek van 'n taal, weergegee word
- Wikimedia-stigting
- Die Wikimedia-stigting is die oorkoepelende organisasie van Wikibooks, Wikidata, Wikinews, Wikipedia, Wikiquote, Wikisource, Wikispecies, Wikiversity en WikiWoordeboek. Dit is 'n nie-winsgewende organisasie, geregistreer volgens die wette van die Amerikaanse deelstaat Florida. Sy huidige hoofkwartier is in die Noord-Kaliforniese metropool San Francisco geleë
- Europese Suidelike Sterrewag
- Die Europese Suidelike Sterrewag is 'n interregeringsorganisasie van 16 lande vir sterrekundige navorsing. Dit is in 1962 gestig en het moderne geriewe op die been gebring vir die waarneming van die suidelike naghemel. Die organisasie het 730 personeellede en ontvang jaarlikse lidlandbydraes van sowat €131 miljoen. Sy sterrewagte is in Noord-Chili geleë
- Vincent van Gogh
- Vincent Willem van Gogh word aanvaar as die beste Nederlandse skilder naas Rembrandt van Rijn, alhoewel hy slegs een skildery tydens sy eie leeftyd verkoop het. Hy het al sy werk - 'n indrukwekkende totaal van 900 skilderye en 1100 sketse - geproduseer gedurende 'n periode van slegs die dekade voor sy selfmoord. Na sy dood, met behulp van die uitstalling van 71 van sy werke in Parys, op 17 Maart 1901, het sy roem vinnig toegeneem
- Volhoubare ontwikkeling
- Volhoubare ontwikkeling is ontwikkeling wat die lewensgehalte van huidige generasies verbeter en verseker dat daar ook in toekomstige generasies se behoeftes voorsien sal kan word. Die oorsprong van die idee van volhoubaarheid lê in die begrip van volhoubare landbou, waar hulpbronne in so 'n mate benut word dat die herstelvermoë daarvan behoue bly. Volhoubare ontwikkeling verwys dus na sosiale, ekonomiese en ekologiese volhoubaarheid, d.i. 'n produktiewe leefwyse vir die mens wat binne die dravermoë van
- Suid-Afrikaanse rand
- Die Suid-Afrikaanse rand is die geldeenheid van Suid-Afrika sedert republiekwording en desimalisasie in 1961, toe dit die Suid-Afrikaanse pond vervang het. Die naam is afgelei van die Witwatersrand, Suid-Afrika se skatkamer van minerale rykdomme. Dit is ook 'n amptelike geldeenheid van die Gemeenskaplike Monetêre Gebied wat Suid-Afrika se buurlande Eswatini, Lesotho en Namibië insluit. Dié lidlande se geldeenhede word gelykstaande gehou aan die Suid-Afrikaanse rand. Daarbenewens is die rand 'n
- Kopiereg
- 'n Kopiereg of outeursreg is 'n vorm van intellektuele eiendom wat die houer daarvan geregtig om die kopieer en gebruik van 'n oorspronklike, kreatiewe uiting, soos 'n literêre werk, rolprente, musikale werk of klankopname, skildery,
rekenaarprogram of 'n industriële ontwerp te beperk vir 'n gedefinieerde tydperk. In Suid-Afrika word kopiereg gereël deur die Wet op outeursreg en word die tydperk waarvolgens die beskerming voor geldig is gedefinieer as 50
jaar na die eerste bekendstelling aan die publiek