2018 Top Ten of Conflict for Philosophy
- Kennis
- Kennis is iemand se bewustheid of begrip van iets soos feite, inligting, ervaring of vaardighede wat verkry word deur ondervinding of deur opvoeding danksy waarneming, ontdekking of die leerproses. Kennis kan teoreties wees of prakties
- Nasiebou
- Nasiebou is die vorming van 'n oorkoepelende nasionale identiteit, om 'n gevoel van samehorigheid en lojaliteit aan die nasie wat deur nasiebou geskep is, te weerspieël. Dié nasionale identiteit word dan deur die bevordering en gebruik van nasionale simbole versterk
- Filosofie
- Filosofie of wysbegeerte is 'n vakgebied wat die kennis van, en insig in 'n verskeidenheid fundamentele sake najaag, soos byvoorbeeld realiteit, kennis, betekenis, waarde, bestaan en waarheid. In omgangstaal word die term filosofie baie keer gebruik om te dui op 'n ingesteldheid, uitgangspunt of lewensbeskouing. Hierdie artikel handel eerder oor filosofie as 'n akademiese vakgebied
- Analitiese filosofie
- Analitiese filosofie, of te wel anglo-amerikaanse of Engelse-taal filosofie, is die generiese naam vir die styl waarin die oorweldigende meerderheid van filosofie in die Engels-sprekende wêreld verskyn. In die Verenigde Koninkryk, VSA, Kanada, Australië en Nieu-Seeland identifiseer verreweg die meeste van filosofiedepartemente hulself as "analities". In Suid-Afrika vind meeste filosofie plaas in die kontinentale tradisie, maar die Universiteit van die Witwatersrand, die Universiteit van Kaapstad, die
- Demokrasie
- Demokrasie is 'n regeringsvorm gekenmerk deur gereelde en vrye verkiesings waaraan meer as een party kan deelneem, verskanste burgerregte en vrye media. Die woord het sy oorsprong uit die Griekse δημοκρατíα, wat bestaan uit δημος, κρατειν en die agtervoegsel íα. Dit beteken dus "regering deur die mense
- Kennisleer
- Kennisleer is 'n vertakking van die filosofie en behels die studie van die teorie van die oorsprong, die aard, die metodes en die grense van kennis. Dit hou verband met die beginsels waarvolgens onderskei kan word tussen dit wat waar en onwaar is, en dui ook die moontlike grense aan vir ons vermoë om te dink, waar te neem, en te verstaan. Dit word dikwels gekontrasteer met ontologie
- Kommunisme
- Kommunisme verwys na 'n klaslose stelsel van politieke en ekonomiese organisering, ingevolge waarvan eiendom en die produksiemiddele deur die staat besit word en alle burgers deel in die gesamentlike rykdom deur te produseer na hul vermoë en te neem volgens hul behoeftes
- Plagiaat
- Plagiaat, ook bekend as letterdiefstal, is die kopiëring van 'n ander persoon se idees, woorde of skrywes en dan voor te gee dat dit die persoon se eie werk is. Dit kan moontlik gepaardgaan met die oortreding van kopieregwette, hoewel dit nie altyd die geval is nie. Die pleeg van plagiaat is dus meestal onwettig en ook hoogs oneties
- Rassisme
- Rassisme of rassediskriminasie dui op die sosiale, ekonomiese of politiese diskriminasie teenoor 'n persoon gebaseer op ras en/of velkleur. Dit dui nie noodwendig op die haat van een ras teenoor 'n ander nie, maar die uitsluiting of weiering van sekere regte en voorregte, soos destyds toegepas deur die apartheidsregering van Suid-Afrika en die Jim Crow-wette in die VSA
- Monargie
- Monargie is 'n regeringstelsel of staatsvorm waar die staatshoof gebruiklik lewenslang 'n posisie beklee. Die posisie is gewoonlik oorerflik, dit wil sê dat opvolgers aan dieselfde familie behoort. Voorbeelde van lande wat 'n monargiese stelsel het is die Verenigde Koninkryk, België, Nederland, Japan, Lesotho, eSwatini, Australië, Kanada, Nieu-Seeland en vele andere