2018 Top Ten of Conflict for Health

Geneeskunde
Geneeskunde is die vakgebied toegespits op die bestudering van die sel-, weefsel- en orgaansisteme, asook die patologiese manifestasies. Sekondêr – sielkunde en psigiatrie. Daar word gestreef na die herstelling van die mens na 'n gesonde toestand d.m.v. diagnose, prognose en voorkoming
MIV/vigs in Suid-Afrika
MIV/vigs in Suid-Afrika is ’n onrusbarende gesondheidskwessie, omrede daar aangevoer word dat meer mense met vigs in Suid-Afrika besmet is as enige ander land ter wêreld
Vigs
Verworwe immuniteitsgebreksindroom (vigs), as gevolg van 'n besmetting met die menslike immuniteitsgebreksvirus (MIV), is 'n sindroom wat die immuunstelsel aanval en geleidelik vernietig. Pasiënte met 'n verswakte immuunstelsel is uiters vatbaar vir sekondêre infeksies, en 'n bepaalde kombinasie van hierdie infeksies word as die sindroom vigs gedefinieer
Glukemiese indeks
Die glukemiese indeks is 'n indeks van verskillende koolhidraatryke kossoorte, gebaseer op die effek wat dit op die bloedsuiker het. Die indeks wissel tipes tussen 50 en 100, waar 100 die standaard verteenwoordig, 'n ekwivalente hoeveelheid van suiwer glukose
Tand
'n Tand is 'n klein, verkalkte, wit struktuur wat in die kake van baie gewerweldes voorkom en gebruik word om kos af te breek. Sommige diere, veral roofdiere, gebruik ook tande vir jag of vir verdedigingsdoeleindes. Die wortels van die tande word deur tandvleis bedek. Tande is nie van been gemaak nie, maar eerder van verskeie weefsels van verskillende digtheid en hardheid. 'n belangrike stof is die mineraal hidroksielapatiet. Die sellulêre weefsel wat uiteindelik tande vorm is afkomstig uit die
Tuberkulose
Tuberkulose, ook genoem TB, phthisis, en tering, is 'n algemene en dodelike infektiewe siekte. Dit is verantwoordelik vir ongeveer 2–3 miljoen sterftes per jaar uit ongeveer 9–10 miljoen gevalle en kom veral voor in onderontwikkelde, tropiese lande
Kanker
Kanker is 'n versameling van siektes waar selle onbeheersde groei toon
Pandemie
'n Pandemie is 'n aansteeklike of oordraagbare siekte wat vinnig oor 'n land of groter gebied versprei. Dit is in werklikheid 'n epidemie, maar net op 'n wêreldwye skaal
Diasepam
Diasepam is 'n geneesmiddel, wel 'n bensodiasepien, wat gebruik word om onder andere angs, spanning en slapeloosheid mee te behandel. Die middel kan oraal, binne-aars of binnespiers toegedien word
Narkose
Narkose is ’n soort verdowing wat gevoelloosheid veroorsaak, dus ’n omkeerbare verlies van sensasie. Narkosemiddels verskil van pynstillers, wat pyn verlig sonder om sensasie uit te skakel. Narkose word gewoonlik toegedien om sjirurgie te vergemaklik