2018 Top Ten of Conflict for Geography

Abchasië
Abchasië, amptelik die Republiek Abchasië, is volgens internasionale reg 'n deel van Georgië, maar vorm de facto 'n onafhanklike republiek, sonder algemene internasionale erkenning
Brasilië
Brasilië, amptelik die Federale Republiek Brasilië, is die grootste land en ook dié land met die grootste bevolking in Latyns- en Suid-Amerika. Dit is verder ook die vyfde grootste land in die wêreld ten opsigte van bevolking en grondgebied. Dié land strek oor die uitgestrekte gebied vanaf Sentraal-Suid-Amerika en die Atlantiese Oseaan. Dié land strek die verste oos van al die lande in die Amerikas en grens aan Uruguay, Argentinië, Paraguay, Bolivië, Peru, Colombia, Venezuela, Guyana, Suriname en
Predikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
'n Lys van alle predikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika wat in die kerk gedien het van die stigting daarvan in 1859 tot die hede. Die gemeentename en jaartalle ná elke predikant se naam dui op die gemeente(s) wat hy bedien het en die tydperk wat hy in elke gemeente gestaan het. Onder afgestorwe predikante dui die simbool † voor die laaste datum by elke predikant telkens sy sterfdatum aan
Duits
Duits is deel van die Germaanse taalfamilie en, met meer as 100 miljoen sprekers, die elfde grootste taal wêreldwyd. Dit word onder andere gepraat in Duitsland, Oostenryk, Switserland, Luxemburg, Suid-Tirool (Italië), Eupen-Malmédy (België), Liechtenstein, Noord-Sleeswyk (Denemarke) en Namibië, en is nog steeds 'n belangrike vreemde taal in Oos-Europese lande
Londen
Londen is die hoofstad en grootste stad van Engeland en die Verenigde Koninkryk. Die stad, wat aan die Teemsrivier in die suidooste van Engeland geleë is, is in 50 n.C. deur die Romeine as Londinium gestig en het in die 19de eeu tot die grootste metropool ter wêreld gegroei. As hoofstad van die Britse Ryk het Londen tot enkele dekades gelede 'n beduidende rol as middelpunt van 'n wêreldryk gespeel waaroor "die son nooit ondergaan nie" en fungeer tans nog steeds as die hoofstad van die Britse Statebond
Tuisblad/Voorblad ander tale
Algerië
Algerië, amptelik die Demokratiese Volksrepubliek Algerië, is 'n groot, bergagtige land in Noord-Afrika en die grootste land van Afrika, effens groter as die Demokratiese Republiek van die Kongo. Die grootste deel van die land lê in die Saharawoestyn met 'n smal kusvlakte aan die Middellandse See, noord van die Atlasgebergte. In die suidooste van Algerië is die Ahaggarbergreeks geleë. In die suide grens dit, van wes na oos, aan Wes-Sahara, Mauritanië, Mali, Niger en Libië. Die Middellandse See vorm
Australië
Australië, amptelik die Gemenebes Australië, is 'n grondwetlike monargie in die Suidelike Halfrond. Australië is die sesde grootste land ter wêreld en die enigste wat 'n hele vasteland beslaan – die Australiese kontinent. Australië se staatsgebied sluit daarnaas die eiland Tasmanië en 'n aantal ander eilande in die Indiese Oseaan, die Stille Oseaan en die Suidelike Oseaan in. Australië se buurlande is Indonesië, Oos-Timor en Papoea-Nieu-Guinee in die noorde, die Salomonseilande, Vanuatu en Nieu
Verenigde State van Amerika
Die Verenigde State van Amerika, in die omgangstaal ook net Amerika genoem, is 'n federale republiek in die Westelike Halfrond wat uit vyftig deelstate, 'n federale distrik, vyf groter selfregerende gebiede en enkele kleiner eilandbesittings in die Stille Oseaan en die Karibiese See bestaan. 48 van sy deelstate en die federale distrik lê in Sentraal-Noord-Amerika tussen die Stille Oseaan in die weste en die Atlantiese Oseaan in die ooste en word in die noorde deur Kanada en in die suide deur Meksiko
Swede
Swede, amptelik die Koninkryk Swede, is met 'n oppervlakte van 450 295 vierkante kilometer en 'n bevolking van sowat 10,5 miljoen die grootste van die Skandinawiese lande. Die hoofstad en grootste stad is Stockholm. Swede is 'n konstitusionele, erflike monargie met koning Carl XVI Gustaf as seremoniële staatshoof en 'n parlementêre demokratiese regeringstelsel met 'n eenkamerparlement, die Riksdag