2017 Top Ten of Polemic for Society

AK-47
Die AK-47, ook bekend as die Kalasjnikof, is 'n gasgedrewe aanvalsgeweer wat deur baie Oosbloklande gebruik is tydens die Koue Oorlog. Die wapen is in 1947 gestandaardiseer en in gebruik geneem. Dit is deur Michail Kalasjnikof ontwerp en is vervaardig deur die Russiese vervaardiger, Izjewsk
Vakbond
’n Vakbond is ’n organisasie met die doel om die belangstellings van ’n versameling van werkers te bevorder en te beskerm. Dikwels is 'n vakbond die werkers se verteenwoordiger wanneer lone of werksomstandighede met werkgewers en/of regerings onderhandel word.In sommige lande het vakbonde opmerklike vryheid, soos die reg na Vryheid van Vereniging, die reg tot publieke demonstrasies en die reg tot protes teen politieke teenstanders. In ander lande word vakbonde deur politieke of militêre regimes
Antoniem
'n Antoniem, van die Grieks anti ("teenoorgestelde") en onoma ("naam"), is 'n woordpaar wat teenoorgestelde betekenisse het, soos "dag" en "nag", "warm" en "koud" en "op" en "af
Groepsgebiedewet
Groepsgebiedewet was die titel van drie wette van die Parlement van Suid-Afrika wat uitgevaardig is onder die land se apartheidsregering. Die wet het rassegroepe in stadsgebiede in verskillende woon- en sakegedeeltes ingedeel volgens 'n stelsel van stedelike apartheid. 'n Uitwerking van die wet was dat mense van kleur uitgesluit is van die bes ontwikkelde woongebiede, wat beperk was tot wit mense. Dit het meegebring dat baie bruin mense groot afstande van hulle huise na hulle werk moes aflê. Van die mense
Farao
Farao is die algemene titel van die konings van Antieke Egipte. Die naam kom van die Egiptiese per 'āa, wat "groot huis" of "paleis" beteken. Die eintlike woord vir koning was nesoet. Gedurende die regeringstyd van Toetmoses III in die Nuwe Ryk, ná die buitelandse regering van die Hyksos gedurende die Tweede Oorgangstydperk, het farao die aanspreekvorm vir ’n koning geword
Haatspraak
Haatspraak verwys na spraak of geskrewe teks wat daarop gemik is om intimidasie, geweld of vooroordeel teen 'n groep mense op grond van hulle ras, etnisiteit, afkoms, geloof, seksuele oriëntasie, of gestremdheid te bewerkstellig
Wet op Naturellengrond
Die Wet op Naturellengrond was die hoeksteen van aparte landelike gebiede vir swart mense in die Unie van Suid-Afrika. Die hoof oogmerk van die wet was om naturelle te verhoed om grond wat aan ander rasse behoort te koop en insgelyks ander rasse te verhoed om grond wat aan naturelle behoort te koop. Die wet het ook die oor en weer huur van grond verbied. Dit was veral gemik op deelsaaiery, die huur van grond teen "oorbetaling" van 'n deel van die oes of aanwas van vee. Reeds voor 1936 het kritici van die
Air France
Die Franse lugdiens Air France is tans 'n dogtermaatskappy van Air France-KLM. Voor die oorname van die Nederlandse lugdiens KLM in Mei 2004 opereer Air France as die nasionale lugdiens van Frankryk. Die lugredery het in 2013 byna 70 000 werknemers in diens gehad
Wet op Afsonderlike Geriewe
Die Wet op Afsonderlike Geriewe, Wet No 49 van 1953, het deel gevorm van die apartheidstelsel van rassesegregasie in Suid-Afrika
Wet op Bevolkingsregistrasie
Die Wet op Bevolkingsregistrasie het vereis dat alle inwoners van Suid-Afrika volgens hulle rasseeienskappe klassifiseer en geregistreer moes word as deel van die Apartheidstelsel. Die wet was 'n hoeksteen van die apartheidstelsel en talle ander wette het gesteun op die klassifikasie wat deur die wet gedoen is. Sosiale en politieke regte, onderwys geleenthede en ekonomiese status is grootliks bepaal deur die rassegroep waaraan 'n individu behoort het