2017 Top Ten of Polemic for Religion

Jesus in Islam
In Islam is Isa ibn Marjam, of Jesus, die voorlaaste profeet van Allah (God). Hy is al-Masih, Arabies vir "die Messias", die Christus, wat gestuur is om ’n gids te wees vir die kinders van Israel met ’n nuwe openbaring: al-Injīl. Jesus word as ’n profeet beskou wat nie getroud was en nie kinders gehad het nie. Hy is ’n belangrike figuur wat in 93 verse van die Koran genoem word onder verskeie titels soos "Seun van Maria", die "Gees van God" en die "Woord van God
Zeus
Zeus was in die Griekse mitologie die oppergod, die heerser van die berg Olimpus en die god van die lug en donderweer. Griekse kunstenaars beeld Zeus gewoonlik op een van twee maniere uit: staande, met ’n weerligstraal in sy regterhand wat hy omhoog hou; of sittende, op ’n majestueuse manier
Paasfees
Paasfees is een van die belangrikste gelowige feeste in die Christelike kerklike jaar en word tussen laat Maart tot vroeg April gevier. Paasfees vier die opstanding van Jesus Christus, wat, volgens sy volgelinge, op die derde dag na sy kruisiging uit die dood uit opgestaan het
Artemis
Artemis was een van die gode in die Griekse mitologie wat die wydste aanbid is. Sy was een van die twaalf Olimpiese gode: die dogter van Zeus en Leto en die suster van Apollo
Gereformeerde kerk Petrusburg
Die Gereformeerde kerk Petrusburg is 'n gemeente van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika op die Vrystaatse dorp Petrusburg, wat deur die toedoen van lidmate van dié Kerk tot stand gekom het. Einde 2016 het die gemeente 84 belydende en nege dooplidmate gehad, vergeleke met 90 en 11 'n jaar vantevore en 84 en 18 'n dekade vantebore. Tot 2017 het nege van die gemeente se seuns reeds predikant geword, onder wie ds. Hannes Noëth. Van die 16 predikante wat die gemeente in die eerste 100 jaar van sy bestaan
Gereformeerde kerk Bronkhorstspruit
Die Gereformeerde kerk Bronkhorstspruit is die naasoudste gemeente in die GKSA se Klassis Pretoria-Moot en volgens sieletal einde 2015 die vierde grootste van die 13 kerke in dié klassis. Soos die naam aandui, is die gemeente se middelpunt op die dorp Bronkhorstspruit
Islam
Islam is een van die drie groot monoteïstiese godsdienste, saam met Christendom en Judaïsme. Volgelinge van Islam staan bekend as Moslems1
Piëtisme
Piëtisme is die belangrikste hervormings- en vroomheidsbeweging in die vastelandse Europese Protestantisme ná die Protestantse Hervorming. In teologiese opsig was dit 'n terugkeer na die sentrale beginsels van die Reformasie, alhoewel dit sterk deur ander tradisies beïnvloed en omgevorm is. Die vrome subjek staan sentraal in piëtisme, terwyl die suiwerheid van die kerkleer net soos kerkeenheid minder belangrik geag word. So toon piëtisme moderne trekke wat die persoonlikheid van die indiwidu en die
NG gemeente Kriel
Die NG gemeente Kriel was ’n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Maraisburg, Roodepoort. Dit is laat in die negentigerjare by haar een moedergemeente, Florida, ingelyf
Gereformeerde kerk Zeerust
Die Gereformeerde kerk Zeerust is die derde oudste van die 22 gemeentes in die GKSA se Klassis Noordwes. Einde 2015 was hier 139 belydende en 34 dooplidmate vir ’n sieletal van 173, vergeleke met die Klassis se gemiddeld van sowat 200 per gemeente. Einde 2001, toe die gemeente nog geressorteer het onder die Klassis Vryburg, het die belydende lidmate 239 en die dooplidmate 68 getel vir ’n sieletal van 307, ’n afname van sowat 44 persent binne 14 jaar