2017 Top Ten of Polemic for Philosophy

Kommunisme
Kommunisme verwys na 'n klaslose stelsel van politieke en ekonomiese organisering, ingevolge waarvan eiendom en die produksiemiddele deur die staat besit word en alle burgers deel in die gesamentlike rykdom deur te produseer na hul vermoë en te neem volgens hul behoeftes
Federasie
'n Federasie is 'n vereniging van state onder 'n federale bestuur wat gemeenskaplike belange soos verdediging, buitelandse sake en dergelike behartig, maar waarby die state hulle soewereiniteit behou
Marxisme
Marxisme is die teoretiese grondslag vir moderne kommunisme, gebaseer op die ideë en denkbeelde van Karl Marx en Friedrich Engels
Maatskaplike verantwoordelikheid
Maatskaplike verantwoordelikheid is 'n etiese raamwerk wat impliseer dat 'n entiteit, of dit 'n organisasie of 'n individu is, 'n verpligting het om tot voordeel vir die samelewing oor die algemeen op te tree. Maatskaplike verantwoordelikheid is elke individu se taak sodat 'n balans tussen die ekonomie en ekosisteme gehandhaaf word. 'n Kompromis mag tussen ekonomiese ontwikkeling, in materiële opsig, en die welsyn van die samelewing en die omgewing bestaan, alhoewel dit deur baie verslae oor die
Rassisme in Afrika
Rassisme in Afrika is veelvlakkig en het eeue gelede begin. Dit is 'n verskynsel wat oral in die wêreld voorkom. Dit kan as gevolg van sterk nasionale bande binne sekere groepe gebeur, wat hulle laat dink ander mense is van minder belang as dié van hul eie nasie, of die gevolg wees van 'n oortuiging dat sommige mense of rasse superieur bo ander is. Die Europese kolonialisme het moontlik 'n rol gespeel om rassisme aan te wakker deur nie die mense en hul leefwyse in die nuutgestigte provinsies in ag te
Ideëleer
Die Ideëleer is die bekendste onderdeel van die filosofie van die Griekse wysgeer Plato, en behels die aanname dat daar ewige Idees bestaan, wat slegs met die verstand waarneembaar is en alle voorwerpe in ons wêreld onderlê. Hierdie Idees vervul 'n sentrale funksie in Plato se metafisika/ontologie, kennisteorie en etiek
Empirisme
Empirisme is 'n filosofiese stroming waarin gestel word dat kennis uit die ervaring voortspruit. Die empirisme word tradisioneel beskou as 'n filosofie wat die teenoorgestelde verteenwoordig van die rasionalisme, wat die rede en die denke aanwys as vernaamste kennisbron. Dit verwerp ook alle filosofiese stromminge wat beweer aangebore kennis bestaan. Volgens die empirisme beskik die mens oor geen vorm van aangebore kennis nie en moet sy gees (gedagtes) beskou word as 'n skoon bladsy. Die empirisme speel
Demokrasie
Demokrasie is 'n regeringsvorm gekenmerk deur gereelde en vrye verkiesings waaraan meer as een party kan deelneem, verskanste burgerregte en vrye media. Die woord het sy oorsprong uit die Griekse δημοκρατíα, wat bestaan uit δημος, κρατειν en die agtervoegsel íα. Dit beteken dus "regering deur die mense
Monargie
Monargie is 'n regeringstelsel of staatsvorm waar die staatshoof gebruiklik lewenslang 'n posisie beklee. Die posisie is gewoonlik oorerflik, dit wil sê dat opvolgers aan dieselfde familie behoort. Voorbeelde van lande wat 'n monargiese stelsel het is die Verenigde Koninkryk, België, Nederland, Japan, Lesotho, eSwatini, Australië, Kanada, Nieu-Seeland en vele andere
Filosofie
Filosofie of wysbegeerte is 'n vakgebied wat die kennis van, en insig in 'n verskeidenheid fundamentele sake najaag, soos byvoorbeeld realiteit, kennis, betekenis, waarde, bestaan en waarheid. In omgangstaal word die term filosofie baie keer gebruik om te dui op 'n ingesteldheid, uitgangspunt of lewensbeskouing. Hierdie artikel handel eerder oor filosofie as 'n akademiese vakgebied