2017 Top Ten of Polemic for People
- Willem Johannes de Klerk
- Ds. Willem Johannes de Klerk was ’n Gereformeerde predikant en opvoedkundige, die vader van oudmin. Jan de Klerk en die grootvader van oudpres. F.W. de Klerk en die predikant, koerantredakteur en politieke raadgewer dr. Willem de Klerk, asook die skoonvader van adv. J.G. Strijdom, 'n gewese eerste minister van Suid-Afrika. Hy word beskryf as ’n vurige Afrikaner. Hy was van 1919 tot 1927 die eerste registrateur van die Potchefstroomse Universiteitskollege en het ’n prominente rol in die totstandkoming
- Vernon Koekemoer
- Vernon Koekemoer het in 2008 oornag internetroem verwerf toe iemand hom by 'n musiekfees afgeneem het, hom Vernon Koekemoer gedoop het en die foto daarna 'n meem op die internet geword het. Hy was eers 'n liggaamsbouer en met sy unieke sin vir mode sowel as 'n mullet-haarstyl, het hy aandag getrek. Duisende mense het die beroemde foto in ander foto’s ingelas en op die internet geplaas. Hy het so bekend geword dat hy in advertensies verskyn het, waaronder een vir Nando's saam met die Amerikaanse akteur
- Johan van Ryssen
- Dr. Johan Jansen van Ryssen was tussen 1937 en 1977 leraar in ses gemeentes van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
- Ralph Loubser
- Ralph Loubser is/was 'n Suid-Afrikaanse akteur
- Jack the Ripper
- Jack the Ripper is die bekendste naam van verskeie wat aan ’n ongeïdentifiseerde reeksmoordenaar gegee is wat in 1888 hoofsaaklik in die arm Whitechapel-gebied van Londen bedrywig was. Die naam het ontstaan nadat die polisie ’n brief van iemand gekry het waarin die skrywer homself so genoem en beweer het hy is die moordenaar. Daar word algemeen geglo die brief was ’n siek grap, of dat dit deur ’n joernalis geskryf kon gewees het om belangstelling in die storie te verhoog. In misdaadlêers en
- Marzanne Leroux-Van der Boon
- Marzanne Leroux-Van der Boon was 'n Afrikaanse skrywer. Sy het in Vredehoek, Kaapstad gewoon en is bekend vir haar romantiese novelles wat handel oor etniese en aktuele kwessies. Sy het 'n passie vir Israel, vier van haar boeke van die afgelope jare het in dié land afgespeel
- Amelia Earhart
- Amelia Earhart was 'n Amerikaanse vlieënier en lugvaartpionier
- Nadine Blom
- Nadine Blom is 'n Afrikaanse sangeres gebore op 22 Januarie in Bloemfontein in die Oranje-Vrystaat
- Waterkloof-vier
- Die sogenaamde Waterkloof-vier bestaan uit vier blanke mans wat vir die moord op 'n ongeïdentifiseerde hawelose man in Pretoria skuldig bevind en gevonnis is. Hulle is ook skuldig bevind op 'n aanklag van aanranding met die opset om ernstig te beseer. Die vier lede is: Christoff Becker, Frikkie du Preez, Gert van Schalkwyk en Reinach Tiedt. Drie van hulle was destyds leerders aan die Hoërskool Waterkloof, terwyl Becker aan die nabygeleë Hoërskool Garsfontein verbonde was
- Stephanus Johannes Roos
- Stephanus Johannes Roos was 'n veldkornet tydens die Slag van Majuba in die Eerste Vryheidsoorlog