2017 Top Ten of Polemic for History
- Rasjidoen-kalifaat
- Die Rasjidoen-kalifaat, ook bekend as die Reggeleide Kalifaat, is gelei deur die eerste vier kaliefs in die Islamitiese geskiedenis. Die kalifaat is in 632 gestig ná die dood van Mohammed. Soenniete noem die vier kaliefs saam die Rasjidoen, of "Reggeleide", kaliefs. Die term word nie deur die Sjiiete gebruik nie omdat hulle nie die bewind van die eerste drie kaliefs as wettig beskou nie
- Koninkryk van Groot-Brittanje
- Die Koninkryk van Groot-Brittanje, bekend as Groot-Brittanje, was 'n staat in Wes-Europa wat van 1707 tot 1800 bestaan het. Dit is geskep met die saamsmelting van die Koninkryk van Skotland en die Koninkryk van Engeland, onder die Acts of Union 1707, om 'n enkele koninkryk te vorm wat die hele Groot-Brittanje eiland omvat het. 'n Enkele nuwe parlement en regering gebaseer in Westminster in Londen het die nuwe koninkryk beheer. Die twee afsonderlike koninkryke van Skotland en Engeland het reeds dieselfde
- Rugbywêreldbeker 1991
- Die Rugbywêreldbeker 1991 is van 3 Oktober tot 2 November 1991 in Engeland, Frankryk, Ierland, Skotland en Wallis, die destydse Vyfnasies, beslis. Dit was die tweede rugbywêreldbeker van die vierjaarlikse rugbywêreldkampioenskap wat deur die Internasionale Rugbyvoetbalraad aangebied word en die eerste in die Noordelike Halfrond. Agt jaar later het dieselfde vyf lande die Rugbywêreldbeker 1999 ook saam gehuisves
- 24 Julie
- 24 Julie is die 205de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 160 dae in die res van die jaar
- Rugbywêreldbeker 1987
- Die Rugbywêreldbeker 1987 is van 22 Mei tot 20 Junie 1987 in Australië en Nieu-Seeland beslis. Dit was die eerste rugbywêreldbeker van die vierjaarlikse rugbywêreldkampioenskap wat deur die Internasionale Rugbyvoetbalraad aangebied word
- Rugbywêreldbeker 1999
- Die Rugbywêreldbeker 1999 is van 1 Oktober tot 6 November 1999 in Wallis, Engeland, Skotland, Frankryk en Ierland, die destydse Vyfnasies, beslis. Dit was die vierde rugbywêreldbeker van die vierjaarlikse rugbywêreldkampioenskap wat deur die Internasionale Rugbyraad aangebied word en die tweede in Europa. Al die gashere het ook die Rugbywêreldbeker 1991 gemeenskaplik gehuisves. Dit was die eerste rugbywêreldbekertoernooi in dié sport se professionele era, nadat die IRR ná die Rugbywêreldbeker 1995
- 969
- Die jaar 969 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Sondag begin het. Dit was die 69ste jaar van die 10de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad
- 1844
- Die jaar 1844 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Maandag begin het. Dit was die 44ste jaar van die 19de eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad
- 24 Desember
- 24 Desember is die 358ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 7 dae in die res van die jaar
- Hertog van Boergondië
- Die Hertog van Boergondië was die hoof van die Hertogdom van Boergondië, 'n hertogdom in die ooste van die huidige Frankryk. Van 880 tot 1477 het die hertoë oor die Hertogdom in die Ooste van die huidige Frankryk geheers. Van 1477 tot aan die einde van die Spaanse Opvolgingsoorlog is die titel vir Franse prinse gebruik en was dit ter selfde tyd die titel van die hoof van die Habsburgse gebiede in die Lae Lande en Frankryk. Na 1714 is die titel toegeken aan die Koning van Spanje wat dit tot vandag toe