2017 Top Ten of Polemic for Geography

Israel
Israel, ook Israël, amptelik die Staat Israel, is 'n demokratiese grondwetlike republiek in die Midde-Ooste en antieke tuisland van die Jode. Dit oorvleuel gedeeltelik met Palestina, tuisland van die Palestyne. Israel word begrens deur Sirië en Libanon in die noorde, Jordanië in die ooste, Egipte in die suidweste en die Middellandse See in die weste. Die amptelike hoofstad is Jerusalem, die setel van die presidentswoning, regeringskantore, hooggeregshof en die parlement (Knesset). Die sentrum van
Londen
Londen is die hoofstad en grootste stad van Engeland en die Verenigde Koninkryk. Die stad, wat aan die Teemsrivier in die suidooste van Engeland geleë is, is in 50 n.C. deur die Romeine as Londinium gestig en het in die 19de eeu tot die grootste metropool ter wêreld gegroei. As hoofstad van die Britse Ryk het Londen tot enkele dekades gelede 'n beduidende rol as middelpunt van 'n wêreldryk gespeel waaroor "die son nooit ondergaan nie" en fungeer tans nog steeds as die hoofstad van die Britse Statebond
Pole
Pole, amptelik die Republiek Pole, is 'n land in Sentraal-Europa. Dit grens aan Duitsland, Tsjeggië, Slowakye, Oekraïne, Wit-Rusland, Rusland en Litaue. In administratiewe opsig word Pole in 16 woiwodskappe verdeel
Marokko
Marokko, amptelik die Koninkryk Marokko, is 'n land in Noordwes-Afrika. Dit het 'n lang kuslyn aan die Atlantiese Oseaan wat verby die Straat van Gibraltar strek tot in die Middellandse See. Die land grens aan Algerië in die ooste. Die suidgrens met Wes-Sahara en Mauritanië is omstrede. Die Spaanse eksklawes Ceuta en Melilla word ook deur Marokko opgeëis
Phalaborwa
Phalaborwa is 'n dorp in die Limpopoprovinsie van Suid-Afrika. Dit lê digby die Krugerwildtuin aan die oostekant van die provinsie, ongeveer 150 km oos van Polokwane, die hoofstad van die provinsie, en 104 km oos van Tzaneen
Demografie van Suid-Afrika
Saldanha
Saldanha is die naam wat die meeste in die omgang gebruik word vir die dorp aan die Kaapse Weskus, terwyl Saldanhabaai tans meestal beperk word tot verwysings na die munisipale gebied Saldanhabaai. Die dorp is aan die noordekant van Saldanhabaai, 140 kilometer noord van Kaapstad met 'n bevolking van 28 142 (2011-sensus). Die dorp het 'n groot ysterertsbedryf en 'n militêre hawe benewens 'n belangrike watersportgebied vir toeriste
Outeniekwaberge
Die Outeniekwaberge is 'n bergmassief in Suid-Afrika in die Kaapse Plooigordel. Die bergreeks strek ongeveer 100 km vanaf die Keurboomsvallei in die ooste tot noord van Mosselbaai in die weste. Die bergereeks is suid van die Swartberg, ewewydig aan die kus op 'n afstand wat wissel tussen 15 en 35 km. Die Outeniekwapas vorm die middelste deel van 'n bergreeks langs die Indiese Oseaan met die Tsitsikammaberge aan die oostekant en die Langeberg aan die westekant. Die reeks begin by die Gouritsrivier en eindig
Montpellier
Montpellier is een van die grootste stede van Frankryk se Mediterreense kusgebied en op sewe na die grootste in die land met 'n oppervlakte van 56,88 vierkante kilometer en 295 542 inwoners in die stad en 472 217 in die metropolitaanse gebied
Lys van Suid-Afrikaanse entrepreneurs
Hier volg ’n lys van Suid-Afrikaanse entrepreneurs