2017 Top Ten of Polemic for Culture
- FC Porto
- FC Porto is 'n Portugese sportklub in die stad Porto, wat bekend is in die wêreld vir sy sokkerspan. By die klub beoefen hulle ook o.a. basketbal, boks, handbal, fietsry en swem. Die sokkerspan speel sy tuiswedstryde in die Estádio do Dragão, wat 'n kapasiteit van 52 000 sitplekke het. FC Porto is na hulle mededinger Benfica die gewildste span in die Portugese Primeira Liga en het al baie pryse gewen. Die Drake het ook mededinging met die ander span uit Porto: Boavista FC
- Wikipedia
- Wikipedia is 'n veeltalige "kopielinkse" ensiklopedie ontwerp om deur enigiemand gelees, verbeter en uitgebrei te word. Dit berus op samewerkende verandering en onderhoud deur duisende gebruikers deur middel van wiki-sagteware, en word verskaf en ondersteun deur die nie-winsgewende Wikimedia-stigting. Waarnemers beskou die tweeledige bestuur, waarin 'n informele gemeenskap van aktiewe gebruikers die gesag oor 'n globale digitale projek met 'n stigting deel en sodoende formele met informele
- Seksposisie
- Seksposisies is posisies wat mense inneem tydens of vir die doel van seksuele omgang of ander seksuele aktiwiteite. Dit word gewoonlik genoem na die posisie wat die deelnemers inneem vir die seksdaad. Hoewel seks gewoonlik die penetrasie van een persoon se liggaam deur ’n ander persoon behels, of die direkte stimulasie van die een se geslagsorgaan deur die ander, is dit nie altyd die geval nie
- Vereenvoudigde Chinese karakters
- Vereenvoudigde Chinese karakters is gestandardiseerde Chinese karakters wat deur die Sjiandai Hanju Tongjong Zibiao vir gebruik in Vastelandse China voorgeskryf word. Tesame met tradisionele Chinese karakters is dit een van die twee standaard karakterversamelings vir hedendaagse geskrewe Chinees. Die regering van die Volksrepubliek China in Vastelandse China bevorder sedert die 1950's die ingebruikname van die vereenvoudigde karakters in 'n poging om geletterdheid te verbeter. Vereenvoudigde Chinese
- Meem
- Die term meem, geskep in 1976 deur die dierkundige en ewolusionêre wetenskaplike Richard Dawkins, verwysend na 'n eenheid van kulturele informasie wat oordraagbaar is van een persoon na 'n ander. 'n Meem word ook van geslag tot geslag oorgedra. Dawkins voer aan dat "deuntjies, populêre sêgoed, gelowe, klere modes, maniere van potte maak of die bou van boë" almal voorbeelde van meme kan wees. 'n Meem plant homself voort as 'n eenheid van kulturele ewolusie en diffusie – soortgelyk in baie opsigte aan
- Bollywood
- Bollywood is die bynaam van die Hindi filmbedryf in Mumbai, Indië
- B
- Die letter B, b is die tweede letter in die Latynse alfabet. In Afrikaans word die letter uitgespreek as "bee". B is nie in die Etruskiese alfabet gebruik nie. Dit lyk of die Etruske egter wel die letter geken het, moontlik van Grieks af. Die Semitiese letter bet is ook uitgespreek as /b/ en het "huis" beteken
- Visvang
- Visvang is die aktiwiteit waardeur visse vir ontspanning of vir die verkryging van voedsel gevang word. 'n Persoon wat visvang word 'n visserman genoem
- Kultuur
- Kultuur in die algemeen verwys na die patroon van menslike aktiwiteit en die simboliese strukture wat hierdie aktiwiteite 'n sekere betekenis gee. Daar bestaan uiteenlopende definisies van "kultuur", wat dui op verskillende teoretiese benaderinge tot die vorming of evaluasie van menslike aktiwiteite en die produkte daarvan
- Kaapse Afrikaans
- Kaapse Afrikaans het ontstaan weens die gebruik van Nederlands deur die slawe- en inheemse gemeenskap wat saam met die Nederlanders aan die Kaapse Skiereiland gevestig is. Geografies word die Afrikaanse dialekte in drie hoofgroepe verdeel: Kaapse Afrikaans, Oosgrens-Afrikaans en Oranjerivier-Afrikaans