2017 Top Ten of Polemic

FC Porto
FC Porto is 'n Portugese sportklub in die stad Porto, wat bekend is in die wêreld vir sy sokkerspan. By die klub beoefen hulle ook o.a. basketbal, boks, handbal, fietsry en swem. Die sokkerspan speel sy tuiswedstryde in die Estádio do Dragão, wat 'n kapasiteit van 52 000 sitplekke het. FC Porto is na hulle mededinger Benfica die gewildste span in die Portugese Primeira Liga en het al baie pryse gewen. Die Drake het ook mededinging met die ander span uit Porto: Boavista FC
Jesus in Islam
In Islam is Isa ibn Marjam, of Jesus, die voorlaaste profeet van Allah (God). Hy is al-Masih, Arabies vir "die Messias", die Christus, wat gestuur is om ’n gids te wees vir die kinders van Israel met ’n nuwe openbaring: al-Injīl. Jesus word as ’n profeet beskou wat nie getroud was en nie kinders gehad het nie. Hy is ’n belangrike figuur wat in 93 verse van die Koran genoem word onder verskeie titels soos "Seun van Maria", die "Gees van God" en die "Woord van God
Kanker
Kanker is 'n versameling van siektes waar selle onbeheersde groei toon
Internet
Die Internet is ’n wêreldwye stelsel van rekenaarnetwerke wat met mekaar verbind is en data uitruil met behulp van die gestandaardiseerde TCP/IP-protokolsuite. Dis ’n netwerk van miljoene privaat en openbare rekenaars van akademiese, regerings- en sakenetwerke wat verbind word deur optiese vesel- en koperkabels of verskillende soorte kabellose verbindings
Wikipedia
Wikipedia is 'n veeltalige "kopielinkse" ensiklopedie ontwerp om deur enigiemand gelees, verbeter en uitgebrei te word. Dit berus op samewerkende verandering en onderhoud deur duisende gebruikers deur middel van wiki-sagteware, en word verskaf en ondersteun deur die nie-winsgewende Wikimedia-stigting. Waarnemers beskou die tweeledige bestuur, waarin 'n informele gemeenskap van aktiewe gebruikers die gesag oor 'n globale digitale projek met 'n stigting deel en sodoende formele met informele
Zeus
Zeus was in die Griekse mitologie die oppergod, die heerser van die berg Olimpus en die god van die lug en donderweer. Griekse kunstenaars beeld Zeus gewoonlik op een van twee maniere uit: staande, met ’n weerligstraal in sy regterhand wat hy omhoog hou; of sittende, op ’n majestueuse manier
IPSec
IPSec is 'n gestandardiseerde raamwerk vir die beveiliging van Internetprotokol (IP) kommunikasie deur middel van enkripsie en bevestiging van elke IP-pakket in 'n datastroom
Seksposisie
Seksposisies is posisies wat mense inneem tydens of vir die doel van seksuele omgang of ander seksuele aktiwiteite. Dit word gewoonlik genoem na die posisie wat die deelnemers inneem vir die seksdaad. Hoewel seks gewoonlik die penetrasie van een persoon se liggaam deur ’n ander persoon behels, of die direkte stimulasie van die een se geslagsorgaan deur die ander, is dit nie altyd die geval nie
Vereenvoudigde Chinese karakters
Vereenvoudigde Chinese karakters is gestandardiseerde Chinese karakters wat deur die Sjiandai Hanju Tongjong Zibiao vir gebruik in Vastelandse China voorgeskryf word. Tesame met tradisionele Chinese karakters is dit een van die twee standaard karakterversamelings vir hedendaagse geskrewe Chinees. Die regering van die Volksrepubliek China in Vastelandse China bevorder sedert die 1950's die ingebruikname van die vereenvoudigde karakters in 'n poging om geletterdheid te verbeter. Vereenvoudigde Chinese
Prostaatkanker
Prostaatkanker is 'n kanker van 'n man se prostaatklier en is die kanker wat die algemeenste in mans voorkom. Die klier is begrawe onder die blaas en tussen die rektum, die sluitspier, 'n paar slagare en bondels senuwees. In 'n jong man is dit omtrent so groot soos 'n okkerneut en dit omring 'n deel van die urinekanaal