2017 Top Ten of Conflict for Technology
- Internet
- Die Internet is ’n wêreldwye stelsel van rekenaarnetwerke wat met mekaar verbind is en data uitruil met behulp van die gestandaardiseerde TCP/IP-protokolsuite. Dis ’n netwerk van miljoene privaat en openbare rekenaars van akademiese, regerings- en sakenetwerke wat verbind word deur optiese vesel- en koperkabels of verskillende soorte kabellose verbindings
- ICloud
- iCloud is ’n wolkbergings- en verwerkingsdiens van Apple Inc. wat op 6 Junie 2011 bekendgestel is by die Apple Wêreldwye Ontwikkelaarskonferensie (WWOK). Die diens laat gebruikers toe om data soos musieklêers op afgeleë rekenaarbedieners te berg om later af te laai na veelvuldige dienste soos iOS-gebaseerde toestelle en persoonlike rekenaars wat met OS X of Microsoft Windows werk. Dit vervang ook apple se MobileMe-diens, en tree op as ’n datasinkroniseringsentrum vir e-pos, kontakte, kalenders
- Tegnologie
- Tegnologie is die som van tegnieke, vaardighede, - metodes, en - prosesse wat gebruik word in die produksie van goedere of dienste of in die vervulling van die doelwitte, soos wetenskaplike ondersoek. Tegnologie kan die kennis wees van tegnieke en prosesse, of dit kan deel wees van masjiene. Stelsels is die toepassing van tegnologie deur die neem van 'n inset, en om dit te verander en te vervaardig, en dan sodoende uitkoms te verkry, dit staan as tegnologiese stelsels bekend
- Google
- Google LLC is 'n multinasionale Amerikaanse onderneming wat op internet-gebaseerde dienste en produkte fokus, waaronder advertensie-verwante tegnologieë, soekenjins, wolkrekenaardienste, sagteware en hardeware. Tans word dit as een van die Big Four of groot vier ondernemings in die tegnologiebedryf beskou - naas Amazon, Apple en Facebook. Die onderneming se missieverklaring is «om die wêreld se inligting te organiseer en dit op 'n universele basis toeganklik en nuttig te maak
- Yahoo!
- Yahoo! Inc. is 'n Amerikaanse multinasionale internetkorporasie met sy hoofkantoor in Sunnyvale, Kalifornië. Dit is wêreldwyd bekend vir sy webportaal, die soekenjin Yahoo Soek en verwante dienste, insluitend Yahoo Directory, Yahoo Mail, Yahoo News, Yahoo Finance, Yahoo Groups, Yahoo Answers, advertensies, aanlynkartering, video-deel, fantasiesport en sy sosiale mediawebwerf. Dit is een van die gewildste kuberruimtes in Amerika. Volgens mediaberigte het ongeveer 700 miljoen mense Yahoo se webwerwe elke
- Ubuntu (Linux)
- Ubuntu, (oe-boen-toe), is 'n hoofsaaklik tafelrekenaar georiënteerde Linux-verspreiding, gebaseer op Debian GNU/Linux. Dit word geborg deur Canonical Ltd, en die naam kom van die Suid-Afrikaanse konsep Ubuntu—rofweg, "menslikheid teenoor andere". Dit verskil van Debian in die opsig dat daar elke 6 maande 'n uitgawe is en dat ondersteuning vir ten minste 18 maande na die vrystelling van die uitgawe verskaf word, en die sterk klem wat op bruikbaarheid geplaas word
- Rekenaar
- 'n Rekenaar is enige toestel wat gebruik word om data volgens 'n goed gedefinieerde prosedure te verwerk. Die term word tans algemeen gebruik om na digitale rekenaars te verwys
- IPSec
- IPSec is 'n gestandardiseerde raamwerk vir die beveiliging van Internetprotokol (IP) kommunikasie deur middel van enkripsie en bevestiging van elke IP-pakket in 'n datastroom
- Sagteware
- Sagteware is 'n generiese begrip vir 'n georganiseerde groep(e) kode wat instruksies verteenwoordig wat uitgevoer word deur 'n rekenaar. Sagteware word gewoonlik eers geskryf as bronkode, en dan verwerk na binêre formaat wat spesifiek is aan die verwerker of omgewing waarin die kode uitgevoer word
- Rekenaarwetenskap
- Rekenaarwetenskap is die studie van berekening en inligtingverwerking, asook die implementering daarvan in inligtingstegnologie, in beide hardeware (apparatuur) en sagteware (programmatuur). In die praktyk omvat dit 'n wye aantal velde – van die abstrakte studie van algoritmes, en formele grammatikas tot meer konkrete onderwerpe soos programmeertale, bedryfstelsels, rekenaarnetwerke, databasisse en beheerstelsels. As 'n wetenskaplike dissipline, sluit dit aan by wiskunde, fisika en elektronika, maar