2017 Top Ten of Conflict for Society
- Antoniem
- 'n Antoniem, van die Grieks anti ("teenoorgestelde") en onoma ("naam"), is 'n woordpaar wat teenoorgestelde betekenisse het, soos "dag" en "nag", "warm" en "koud" en "op" en "af
- Vimeo
- Vimeo is 'n video-deel webwerf waar gebruikers videos kan oplaai, deel en kyk. Dit was die eerste videodeelwebblad wat hoëdefinisievideo ondersteun het
- Vakbond
- ’n Vakbond is ’n organisasie met die doel om die belangstellings van ’n versameling van werkers te bevorder en te beskerm. Dikwels is 'n vakbond die werkers se verteenwoordiger wanneer lone of werksomstandighede met werkgewers en/of regerings onderhandel word.In sommige lande het vakbonde opmerklike vryheid, soos die reg na Vryheid van Vereniging, die reg tot publieke demonstrasies en die reg tot protes teen politieke teenstanders.
In ander lande word vakbonde deur politieke of militêre regimes
- Apple Inc.
- Apple Inc. is ’n Amerikaanse multinasionale korporasie wat rekenaars, verbruikerselektronika, bedryfsstelsels en programmatuur ontwerp, vervaardig en – naas tradisionele kleinhandelkanale – ook in sy eie aanlyn- en straatwinkels bemark. Apple se hardewaretoestelle word – in teenstelling met dié van ander vervaardigers – rondom die onderneming se eie sagteware ontwikkel om volledige versoenbaarheid van alle komponente te verseker. Veiligheid en modernisties-estetiese ontwerpe is ander streng
- Globalisering
- Globalisering is die proses van internasionale integrasie voortspruitend uit die interaksie en uitruiling van wêreldbeskouinge, produkte, idees en gemeenskaplike deling van mekaar se kulture. Die vooruitgang in vervoer, soos byvoorbeeld met die stoomlokomotief, stoomskepe, straalmotore, behoueringskepe, en in die telekommunikasie-infrastruktuur, insluitende die ontwikkeling van die telegrafie en sy moderne nasate, die internet en selfone, het reuse bydraes tot globalisering teweeg gebring. Dit het
- Khoisan
- Khoisan is 'n saambindende naam vir twee etniese groepe wat in Suider-Afrika leef, naamlik die Khoikhoi en die San. Hulle deel fisiese en vermeende taalkundige eienskappe apart van die Bantoe-meerderheid van die streek. Kultureel word die Khoisan verdeel in die kossoekende San of Boesman, en die Khoi, of meer spesifiek Khoikhoi, vroeër bekend as "Hottentote", wat vee mak maak. Hulle praat veral Khoisan-tale wat bekend is vir hul klikgeluide, maar intussen is Afrikaans die belangrikste taal van die Khoisan
- Daimler
- Daimler AG (Duits: [ˈdaɪmlɐ aːˈɡeː], luister , voorheen DaimlerChrysler AG, is 'n transnasionale maatskappy in die motor-industrie. Voor die samesmelting met Chrysler het die besigheid Daimler-Benz AG geheet. Die fabrikaat sluit groot en duur motorvoertuie in, met 'n reputasie dat welgestelde, ouer mense dit graag bestuur
- AK-47
- Die AK-47, ook bekend as die Kalasjnikof, is 'n gasgedrewe aanvalsgeweer wat deur baie Oosbloklande gebruik is tydens die Koue Oorlog. Die wapen is in 1947 gestandaardiseer en in gebruik geneem. Dit is deur Michail Kalasjnikof ontwerp en is vervaardig deur die Russiese vervaardiger, Izjewsk
- Max Weber
- Maximilian Weber was 'n Duitse ekonoom, geskiedkundige, regsgeleerde en sosioloog. Hy was die stigter en medestigter van 'n aantal nuwe akademiese dissiplines, waaronder die moderne bestudering van sosiologie en bestuurskunde. Al word hy as een van die vaders van sosiologie erken, het Weber homself nooit as 'n sosioloog gesien nie, maar as 'n historikus. Hy was 'n veeltalige wat in sy leeftyd vier vreemde tale bemeester het. Hy het ook 'n godsdiensakademikus geword en skrywes oor die antieke gelowe van
- Menslike-ontwikkelingsindeks
- Die Menslike-ontwikkelingsindeks is 'n vergelykende maatstaf van lewensverwagting, geletterdheid, opvoeding, en lewenstandaard vir al die lande van die wêreld. Dit bied 'n standaard wyse om welstand te meet, veral kinderwelstand. Dit word gebruik om te bepaal en aan te dui of 'n land ontwikkelde, ontwikkelende, of onderontwikkelde land is en om die impak wat ekonomiese beleide op lewensgehalte het, te meet. Die indeks is in 1990 deur die Indiese Nobelpryswenner Amartya Sen, Pakistanse ekonoom Mahbub ul