2017 Top Ten of Conflict for Religion

Jesus in Islam
In Islam is Isa ibn Marjam, of Jesus, die voorlaaste profeet van Allah (God). Hy is al-Masih, Arabies vir "die Messias", die Christus, wat gestuur is om ’n gids te wees vir die kinders van Israel met ’n nuwe openbaring: al-Injīl. Jesus word as ’n profeet beskou wat nie getroud was en nie kinders gehad het nie. Hy is ’n belangrike figuur wat in 93 verse van die Koran genoem word onder verskeie titels soos "Seun van Maria", die "Gees van God" en die "Woord van God
Paasfees
Paasfees is een van die belangrikste gelowige feeste in die Christelike kerklike jaar en word tussen laat Maart tot vroeg April gevier. Paasfees vier die opstanding van Jesus Christus, wat, volgens sy volgelinge, op die derde dag na sy kruisiging uit die dood uit opgestaan het
Zeus
Zeus was in die Griekse mitologie die oppergod, die heerser van die berg Olimpus en die god van die lug en donderweer. Griekse kunstenaars beeld Zeus gewoonlik op een van twee maniere uit: staande, met ’n weerligstraal in sy regterhand wat hy omhoog hou; of sittende, op ’n majestueuse manier
Islam
Islam is een van die drie groot monoteïstiese godsdienste, saam met Christendom en Judaïsme. Volgelinge van Islam staan bekend as Moslems1
Jesus van Nasaret
Jesus van Nasaret, ook algemeen bekend as Jesus, is die sentrale figuur in die Christendom en is ook 'n belangrike figuur in verskeie ander gelowe. Daar word ook na hom verwys as Jesus Christus, waar "Christus" afkomstig is vanaf die Griekse Χριστός (Christós) wat "Gesalfde een" beteken en verwant is aan die Hebreeus-afgeleide "Messias". Die naam "Jesus" is afkomstig van die vernederlandse vorm van die Griekse Ίησους (Iesoûs), wat self 'n Hellenisering van die Hebreeus-Aramese ישוע is
Sjintoïsme
Sjintoïsme is die inheemse geloof van Japan en was vroeër die land se staatsgodsdiens. Dit is 'n soort politeïsme (veelgodery), en behels die aanbidding van Boeddha of kami -geeste. Sommige kami is plaaslik en kan beskou word as die geestelike wese of gees van genie van 'n besondere plek, maar ander verteenwoordig belangrike natuurlike voorwerpe en prosesse: byvoorbeeld, Amaterasu, die Songodin, of die berg Foedji. Sjinto is 'n animistiese geloofstelsel. Die woord Sjinto, van die oorspronklike Chinese
Godsdiens
Godsdiens bestaan uit verskeie stelsels gelowe en praktyke wat deur mense dwarsoor die wêreld beoefen word
Ateïsme
Ateïsme is 'n filosofiese stroming met die fundamentele uitgangspunt dat daar geen god/gode anderkant die ervaarbare werklikheid, geen goddelike wêreldorde en geen geldige begrip van God bestaan nie
Rastafarianisme
'n Rastafariër of rasta is 'n aanhanger van die Rastafariërbeweging. Die meeste Rastafariërs woon in Wes-Indië, veral in Jamaika
Ou Apostoliese Kerk
Die Ou Apostoliese Kerk is 'n Christelike gemeenskap wat ontstaan het uit die Albury-beweging, wat in 1832 gelei het tot die ontstaan van die Katoliek Apostoliese Kerk, en later die Nuwe Apostoliese Kerk. Die Ou Apostoliese Kerk is deel van 'n groep kerke wat as Irvingisme bekendstaan en glad nie deel van die Protestante kerke nie