2017 Top Ten of Conflict for History
- Tweede Wêreldoorlog
- Die Tweede Wêreldoorlog was 'n wêreldwye militêre konflik wat van 1939 tot 1945 geduur het, alhoewel verwante konflikte al vroeër begin het. Die oorlog was 'n samesmelting van twee konflikte: een wat in Asië begin het as die Tweede Chinees-Japannese Oorlog en die ander wat in Europa begin het met die Inval van Pole. Dit was die mees wydverspreide oorlog in die geskiedenis, en het direkte betrekking gehad op meer as 100 miljoen mense uit meer as 30 lande
- Britse mandaat van Palestina
- Die Britse Mandaat van Palestina, soms na verwys as die Mandaat van Palestina, was 'n Volkebondmandaat wat na die Eerste Wêreldoorlog ontstaan het toe die Ottomaanse Ryk volgens die Verdrag van Sèvres verdeel is. Die Britse Mandaat van Palestina het bestaan uit die gebied van die hedendaagse Jordanië, Israel, die Wesoewer en die Gasastrook. Die grense van die Mandaat van Palestina het gestrek van die Middellandse See tot die weste van die Franse Mandaat van Libanon, Franse Mandaat van Sirië, en die
- 29 September
- 29 September is die 272ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 93 dae
- Rasjidoen-kalifaat
- Die Rasjidoen-kalifaat, ook bekend as die Reggeleide Kalifaat, is gelei deur die eerste vier kaliefs in die Islamitiese geskiedenis. Die kalifaat is in 632 gestig ná die dood van Mohammed. Soenniete noem die vier kaliefs saam die Rasjidoen, of "Reggeleide", kaliefs. Die term word nie deur die Sjiiete gebruik nie omdat hulle nie die bewind van die eerste drie kaliefs as wettig beskou nie
- Augustus
- Augustus is die agtste maand van die jaar in die Gregoriaanse kalender, met 31 dae. Augustus is vernoem na Augustus Octavianus
- 2017
- Die jaar 2017 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Sondag begin het. Dit was die 17de jaar van die 21ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad
- Little Boy
- Little Boy is die kodenaam van die atoombom wat op Hirosjima, Japan, gegooi is op 6 Augustus 1945. Die bom is vervoer deur 'n Boeing B-29 Superfortress-bomwerper van die Amerikaanse Lugmag onder beheer van kolonel Paul Tibbets. Dit was slegs die wêreld se tweede kernkragontploffing ooit en die eerste met 'n bom wat verrykte uraan gebruik het. Die bom is ontwikkel as deel van die Manhattan-projek
- 1 Januarie
- 1 Januarie is nuwejaarsdag, die eerste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Dit is ook die eerste dag van die eerste kwartaal van die jaar. Daar volg nog 364 dae in die res van die jaar
- Geskiedenis (vakgebied)
- Die geskiedenis is 'n stelselmatige, chronologiese studie van die verlede met die doel om historiese gebeure so feitlik akkuraat moontlik weer te gee. Gebeure wat plaasgevind het voor die uitvinding van skryf word as voorgeskiedenis beskou. "Geskiedenis" is ’n sambreelterm wat betrekking het op gebeure uit die verlede, sowel as die onthou, ontdekking, versameling, organisasie, voorstelling en vertolking van inligting oor dié gebeure. Historici plaas die verlede in konteks deur die gebruik van historiese
- 1980
- Die jaar 1980 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Dinsdag begin het. Dit was die 80ste jaar van die 20ste eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad