2017 Top Ten of Conflict for Health
- Kanker
- Kanker is 'n versameling van siektes waar selle onbeheersde groei toon
- Prostaatkanker
- Prostaatkanker is 'n kanker van 'n man se prostaatklier en is die kanker wat die algemeenste in mans voorkom. Die klier is begrawe onder die blaas en tussen die rektum, die sluitspier, 'n paar slagare en bondels senuwees. In 'n jong man is dit omtrent so groot soos 'n okkerneut en dit omring 'n deel van die urinekanaal
- Omgewingsgesondheid
- Omgewingsgesondheid is die afdeling van openbare gesondheid wat gemoeid is met alle aspekte van die natuur en die opgeboude omgewing wat die mens se gesondheid mag affekteer. Ander terminologie wat op dissipline van omgewingsgesondheid wys sluit in: openbare omgewingsgesondheid, omgewingsgesondheid en omgewingsbeskerming
- Antibiotikum
- 'n Antibiotikum is 'n geneesmiddel wat bakterieë doodmaak of die groei daarvan vertraag. Antibiotika is 'n klas van antimikrobes wat 'n groter groep is wat antivirus-, antiswam- en antiparasitiese geneesmiddels insluit. Hulle is relatief skadeloos vir die gasheer en kan daarom gebruik word om besmetting (infeksies) te behandel. Die begrip wat deur Selman Waksman verwoord is, het oorspronklik slegs na preparate verwys wat afgelei is vanaf lewende organismes, in teenstelling met "chemoterapeutiese middels
- Alexander Fleming
- Alexander Fleming was 'n Britse bakterioloog en die ontdekker van penisillien
- Borskanker
- Borskanker is 'n kwaadaardige gewas wat ontstaan weens die ongekontroleerde en onbeheerste groei en vermenigvuldiging van 'n sel in die bors wat 'n reeks mutasies (veranderings) ondergaan het. Hoewel die gewas aanvanklik net die bors affekteer, kan borskanker versprei wanneer selle uit die gewas ontsnap en deur die bloed en limfstelsel versprei na ander dele van die liggaam soos die longe en skelet, waar dit vermenigvuldig en ander gewasse vorm. Dié proses word metastase (uitsaaiing) genoem
- Niersteen
- Nierstene is vastestofneerslae van opgeloste minerale in urine wat in die nier of ureter gevind word. Hulle wissel in groottes van so klein as 'n korreltjie sand tot so groot as 'n grondboontjie. Nierstene verlaat tipies die liggaam saam met die urienstroom; as hulle groot word voor uitskeiding, kan die verstopping van 'n ureter voorkom en kan die ophoop van urine baie pyn veroorsaak wat oor die algemeen in die sy, laer buik en lies gevoel kan word. Daar bestaan geen verband tussen nierstene en galstene
- Hallusinogeen
- 'n Hallusinogeen is 'n middel wat hallusinasies veroorsaak. Die woord hallusineer is afgelei van die Latynse woord "hallucinare", wat "ronddwaal in die gees" beteken. Dit laat mense dinge sien en hoor wat nie werklik bestaan nie. Hallusinogene is uiters gevaarlike gifstowwe wat verslawing of selfs dood kan veroorsaak
- Varkgriep
- Varkgriep verwys na griepgevalle wat veroorsaak word deur Ortomiksovirusse wat endemies is tot varke. Varkgriepgeslagslyne wat tot op hede geëien kon word is geklassifiseer as óf influensa C-virus of een van die verskeie subtipes van die genus influensa A-virus
- Maagsweer
- 'n Maagsweer is 'n sweer in die maagslymvlies van die maagwand. Die maag se slymvlies is beskadig en as gevolg van die inwerking van maagsuur, verterende ensieme en soms ook van bakterieë, genees so 'n wond nie maklik nie. Maagswere kom meestal voor in die gebied by die portier en kan in ernstige gevalle selfs tot perforasies in die maagwand lei