2016 Top Ten of Polemic for Technology

Facebook
Facebook is die wêreld se grootste en aktiefste sosiale netwerkwebwerf. Teen Oktober 2012 het dit meer as een miljard gebruikers gehad, en meer as die helfte van hulle gebruik die mobiele weergawe van die webblad. Facebook is in meer as twintig tale beskikbaar, waaronder Afrikaans. Die gebruik van Facebook is gratis. Nadat 'n gebruiker geregistreer is mag hy 'n persoonlike profiel skep, ander mense bevriend en boodskappe uitwissel. Daar is ook 'n reeks toepassings, soos byvoorbeeld speletjies of
Rekenaarnetwerk
'n Rekenaarnetwerk bestaan uit baie rekenaars en randtoestelle wat aanmekaar verbind word deur 'n telekommunikasiestelsel ten einde kommunikasie en die deel van hulpbronne te bewerkstellig
MediaWiki
MediaWiki is 'n sagtewareprogram waarmee 'n wiki-tipe webwerf mee opgestel kan word. Wikipedia en sy Wikimedia susterprojek loop ook op die vrye sagteware
GNU-lisensie vir vrye dokumentasie
Die GNU Vrye Dokumentlisensie is 'n kopielinkse lisensie vir vrye dokumentasie wat deur die Stigting vir Vrye Sagteware ontwerp is. Die lisensie is soortgelyk aan die GNU Algemene Publieke Lisensie en gee lesers die reg om die werk te kopieer, aan te pas en te versprei, maar vereis wel dat alle kopieë en afgeleide werke onder dieselfde lisensie beskikbaar gestel word. Kopieë mag ook verkoop word, maar indien die werk in groot hoeveelhede versprei word, moet die oorspronklike werk of bronkode ook
Wiki
'n Wiki of wiki is 'n webwerf wat 'n gebruiker toelaat om inhoud by te voeg, net soos in 'n Internetforum, maar maak ook die verandering daarvan deur enige ander gebruiker moontlik
Tegnologie
Tegnologie is die som van tegnieke, vaardighede, - metodes, en - prosesse wat gebruik word in die produksie van goedere of dienste of in die vervulling van die doelwitte, soos wetenskaplike ondersoek. Tegnologie kan die kennis wees van tegnieke en prosesse, of dit kan deel wees van masjiene. Stelsels is die toepassing van tegnologie deur die neem van 'n inset, en om dit te verander en te vervaardig, en dan sodoende uitkoms te verkry, dit staan as tegnologiese stelsels bekend
Dompelpomp
'n Dompelpomp is 'n pomp met 'n kort gekoppelde hermeties verseëlde motor. Die hele montering word onder die vloeistof gedompel. Die voordeel van die tipe pomp is dat daar, vir 'n groot installasie, 'n betekenisvolle vermindering is in die hoeveelheid beton wat benodig word om die reservoir te bou aangesien 'n aparte droë put nie benodig word nie
Sagteware
Sagteware is 'n generiese begrip vir 'n georganiseerde groep(e) kode wat instruksies verteenwoordig wat uitgevoer word deur 'n rekenaar. Sagteware word gewoonlik eers geskryf as bronkode, en dan verwerk na binêre formaat wat spesifiek is aan die verwerker of omgewing waarin die kode uitgevoer word
Beheerstelsel
'n Beheerstelsel beheer of reguleer die gedrag van ander toestelle of stelsels deur beheerlusse. Dit kan 'n eenvoudige stelsel wees soos wat 'n verhitter in 'n huis beheer met 'n termostaat tot 'n komplekse industriëele beheerstelsel wat gebruik word om masjiene of prosesse te beheer
Data
Data verwys na gegewens, wat byvoorbeeld mates, waarnemings en veranderlikes insluit. Data-elemente kan bestaan uit getalle, woorde of beelde