2016 Top Ten of Polemic for Society
- Kinderarbeid
- Sommige arbeid kan baie voordelig vir 'n kind se ontwikkeling wees. Dit kan 'n kind leer om verantwoordelikheid te aanvaar en dit ontwikkel sekere vaardighede wat hom vir die res van sy lewe tot hulp sal wees
- Standard Bank
- Die Standard Bank van Suid-Afrika Bpk. is een van Suid-Afrika se grootste finansiële dienstegroepe. Dit doen sake in 33 lande ter wêreld, insluitende 17 in Afrika
- Sielkunde
- Sielkunde oftewel psigologie is die studie van die innerlike lewe en gedrag. Algemene psigologie bestudeer die normale, volwasse mens; terwyl besondere psigologie die abnormale, onvolwasse mens bestudeer. Alhoewel die sielkunde dikwels beskou word as 'n wetenskap waarvan Sigmund Freud die stigter was, kan 'n mens dit verder terug in die geskiedenis vind in die debatte tussen filosowe soos John Locke en Immanuel Kant
- Basotho
- Die Suid-Sotho-nasie of Basoeto's is 'n etniese groep wat reeds sedert ongeveer die 15de eeu in Suider-Afrika leef
- Versamelnaam
- 'n Versamelnaam of versamelwoord is 'n selfstandige naamwoord wat 'n versameling dinge van dieselfde soort aandui. Hoewel versamelwoorde na 'n versameling of groepering verwys, is hulle almal enkelvoude
- Taalfossiel
- 'n Taalfossiel is 'n verouderde woord of geykte uitdrukking wat in 'n bepaalde verband geïsoleer geraak het en sodoende in versteende vorm in die taal bly voortleef. Hulle ondergaan dus nie die gebruiklike veranderinge waaraan ander woorde in die taal onderhewig is nie. Taalfossiele is dus argaïsmes wat in sekere vasgestelde vorme nog dikwels in die omgangstaal voorkom, alhoewel hulle nie meer in hul vroeëre algemene wyse gebruik word nie
- Intensiewe vorm
- Intensiewe vorme of intensiewe adjektiewe, vroeër bekend as versterkte vorme, is byvoeglike naamwoorde in die versterkende graad. Intensiewe vorme word gebruik om 'n sin trefkrag te gee en die taal op te kikker. 'n Voorbeeld hiervan is brandarm, wat baie arm beteken. In Afrikaans word intensiewe vorme gewoonlik vas geskryf, met enkele uitsonderings, byvoorbeeld wawyd oop en nugter wakker
- Selfstandige naamwoord
- Die selfstandige naamwoord of saakwoord is 'n woordsoort of frase wat verwys na 'n persoon, plek, ding, gebeurtenis, voorwerp of eienskap
- Affek
- Affek is die wetenskaplike woord wat gebruik word in sielkunde en psigiatrie om 'n persoon se uitwendig-waarneembare gemoed te beskryf. Die woord is begin gebruik aangesien navorsers en mense in die bedryf besef het dat die pasiënt die vermoë het om 'n gemoedstoestand te weerspieël wat nie werklik deur die persoon gevoel word nie. Die gebruik van die woord leen tot streng akkurate beskrywing: om te rapporteer dat die pasiënt 'n verhoogde affek toon, impliseer dus nie dat die waarnemer bedoel dat die
- Argeologie
- Argeologie of oudheidkunde is die studie van menslike kulture deur die herwinning, dokumentering en analise van materiële oorblyfsels, insluitende argitektuur, kunsprodukte, oorblyfsels van lewende organismes insluitend menslike oorblyfsels en die studie van die landskap waarin die mense gewoon het. Die doel van argeologie is om lig te werp op die langtermyn voorgeskiedenis, geskiedenis, gedragspatrone en kulturele ewolusie van die mens. Dit is die enigste vakgebied wat die metodiek beskryf vir die